Ek gee my Heilige Gees aan julle…as lewenslange Gids – ook in 2018!

Deur Prof. Ben de Klerk Ons sing met oorgawe die pragtige Skrifberyming van Esegiël 36: “Ek gee my Heilige Gees aan julle”. Dit is ‘n belofte van God en Jesus belowe weer tydens sy aardse lewe dat Hy en die Vader die Gees aan ons sal gee (Joh. 14:26). Nadat Hy opgestaan en opgevaar het, […]
God stuur die ander Trooster…

…om by ons te wees – ook in 2018! Deur Ankie de Klerk In Johannes 13:33 kondig Jesus vir sy dissipels aan dat Hy nog net ’n klein rukkie by hulle sal wees. Hierdie groep volgelinge het Jesus blindelings gevolg sedert Hy hulle geroep het. Hy is hulle Rabbi en hulle beweeg oral saam met […]
Die E100-leesplan

’n Arendsvlug deur God se Woord Deur Hennie Dekker Hoe intimiderend en uitdagend lyk die Bybel vir jou? Vir my lyk hy baie dik en ek het eens gedink “daar is geen manier waarop ek die Bybel sal kan deurlees nie!” Totdat ek die E100-leesplan ontdek het. Hierdie program begelei jou in 20 weke op […]
Koninklike Roly-Poly Poeding

Deur Griet Swanepoel Ek moes lank gelede ʼn nagereg prakseer vir ʼn Bybelse ete met die tema “Koning Salomo se feesmaal”. Laat in die nag, in tye sonder die weelde van die internet, besluit ek toe op ʼn Roly-Poly met vyekonfyt, heel vye en neute. Dit was voorwaar ʼn besonderse nagereg en lekkerder as wat […]
Vrugtekoek vir Kersfees

Deur Griet Swanepoel Bestanddele 250 ml korente 250 ml sultanas 250 ml pitlose rosyne 125 ml dadels 50 ml versuikerde lemoenskil (Gooi bogenoemde bestanddele in ʼn bak en laat oornag week in 125 ml brandewyn) 250 ml karamelsuiker 175 ml water 125 ml glanskersies 125 ml gekapte neute 500 ml koekmeel (sif drie keer) 2 […]
Christus is die kern van Kersfees

Dr. Trudie antwoord Dit is weer Kersfeestyd – nog altyd my geliefkoosde tyd van die jaar. My ouers is albei oorlede, en gevolglik is dit vir my baie belangrik dat ons die tradisie van Kersfees as familiefees moet voortsit, anders gaan ons mekaar nooit te siene kry nie. Ons is ʼn groot familie. Ons is […]
Kersfeesprogram vir Ou Kersaand

TEMA: God belowe ’n Messias en stuur Jesus na die aarde om sy belofte te vervul Saamgestel deur Griet Swanepoel Verteller: Jesus se koms na die aarde was God se belofte aan die verlore mens. Die belofte van ʼn Messias wat sy volk sou bevry. Baie mense het dit nie in die ou tyd nie […]
Ek is gestuur…

…sodat mense die enigste ware God ken Deur Dr. Albert Coetsee As iemand jou sou vra om “die ewige lewe” te definieer, wat sou jy antwoord? Dalk sal jy die ewige lewe beskryf as iets wat vir gelowiges voorlê; die lewe hierna; die toestand van lewe wat aanbreek wanneer Christus weer kom of wanneer ons […]
Ek is gestuur… om mense te red

Deur Jozelle Smit Kerstyd is vir my, en ek glo vir die meeste van ons, van my kinderjare af ʼn betowerende tyd. Die opwinding van ʼn Somerkersfees en tyd saam met familie. Uitpak van die groot bruin boks met Kersversierings en vrugte koek bak saam met Ouma. Tog het die aansit-Kersete na kerk, elke jaar […]
Ek is gestuur … om die Vader se werk te voltooi

Johannes 5:36 Deur Amanda du Plessis Gedurende die Kersvakansie en Kersfeesvieringe is dit asof die hele atmosfeer elektries gelaai is. In die meeste mense se gemoed heers daar ʼn opgewondenheid, ʼn verwagting en met blink oë word daar gekyk na al die blink liggies en Kersversierings. Koekblikke word vol gebak met keurig versierde soetkoekies en […]