vroueblad logo flt

Vrugtekoek vir Kersfees

Deur Griet Swanepoel

 Bestanddele

  • 250 ml korente
  • 250 ml sultanas
  • 250 ml pitlose rosyne
  • 125 ml dadels
  • 50 ml versuikerde lemoenskil

(Gooi bogenoemde bestanddele in ʼn bak en laat oornag week in 125 ml brandewyn)

  • 250 ml karamelsuiker
  • 175 ml water
  • 125 ml glanskersies
  • 125 ml gekapte neute
  • 500 ml koekmeel (sif drie keer)
  • 2 groot eiers (of 4 kleintjies)
  • 5 ml gliserien
  • 2 ml sout
  • 125 g botter /bakmargarien
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 5 ml amandelgeursel (opsioneel)
  • 100 ml brandewyn vir die mengsel (daarna elke week wat die koek staan nog 100ml brandewyn)

Metode

  • Smelt die botter in ʼn kastrol oor lae hitte. Gooi die geweekte vrugte, suiker, koeksoda en water by en kook vir 20 minute.
  • Laat staan die gekookte vrugte oornag.
  • Volgende dag: Gooi die kersies en neute by die mengsel.
  • Klits die eiers baie goed en voeg by. Voeg die gliserien by.
  • Gooi nou die meel, sout, bakpoeier, 100ml brandewyn, vanieljegeursel en amandelgeursel by.

Berei die pan voor as volg:

  • Smeer eers die pan, sny drie lae waspapier vir die binnekant van die pan en smeer weer goed met margarien.
  • Neem nou koerantpapier en maak drie lae vir die buitekant rondom die pan en om onder die pan te sit.
  • Die oond word gestel op 160-170⁰ Bak die koek vir 3 ure tot die toetspen skoon uitkom.
  • Koel goed af draai toe in foelie en kleefplastiek en maak elke week oop en bedruip met brandewyn.

Versier dan wanneer jy die koek wil bedien:

  • Bedek die koek met warm appelkooskonfyt en marsepeinversiersuiker wat jy uitrol in mielieblom en laat ʼn paar dae staan.
  • Bedek met die gekoopte Pettenice (fondant) versiersuiker wat jy uitrol op gesifte versiersuiker. Versier met Kersfeeslint.

 

Nou is jy is reg vir Kersfees!

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys