vroueblad logo flt

Vertrou en gehoorsaam om te getuig in alle omstandighede

Deur Prof. Flip Buys Jesus stuur ons nie met valse hoop op ʼn pad van maanskyn en rose nie. Sy waarskuwing was: “Onthou wat Ek vir julle gesê het: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg (Joh. 15:20). En: “Onthou: Ek stuur julle […]

Christus – deur die Vader gestuur

Cobie Steyn

“God is Liefde!” juig ons harte, en bedink wat liefde doen: Dat Hy ons sy Seun gestuur het om ons sonde te versoen” (Lied 334:1). Liewe Medegelowiges, En so het ons aan die einde van nóg ʼn jaar gekom. ’n Jaar wat sy opdraandes gehad en sy afdraandes, sy hartseer en sy vreugdes. En nou […]

Kaleidoskoop November 2017

Saamgestel deur Ds. Christo Swanepoel Die woord rus kom reeds baie vroeg in die Bybel voor. In Genesis word hierdie begrip dan ook aan God gekoppel. Die sewende dag is God se rusdag. Die res van die bestaan van die skepping speel dus in God se sewende dag af. God gee ook die gawe van […]

Die gelowige vrou en haar tieners

 Deur Jaai du Plessis In Bybelverwysings word die “jeug” beskryf as sterk, die woord van God bly in hulle, in staat om die Bose te oorwin (1 Joh.2:14), asook toegewyd (1 Kon.18:12). Meestal kom kinders sonder probleme deur hulle tienerjare. Dit is egter ook waar dat hulle onervare is (1 Kron.22:5), ʼn gebrek aan kennis […]

Die rus wat die wêreld nie ken nie

Deur Jo van Rooyen Moeg-wees  het baie fasette.   As my man destyds moeg gewerk was van brood verdien, was  dit vir hom só lekker om saam met die Voortrekkers te kamp en as leier op ʼn heel ander vlak probleme aan te hoor en op te los. Dáár was allergieë en huisverlange  sy groot probleme.  […]

Gemeentekamp-hoenderpot

Vir 100 mense, in ‘n nr. 14 pot Deur Griet Swanepoel Bestanddele  Marinade vooraf: 1 koppie tamatiesous 1 koppie wit wyn 1 koppie suurlemoensap, 1 koppie mayonnaise Meelmengsel 2 pakke Chicken á la King 2 pakke sampioensoppoeier 2 koppies koekmeel 1 koppie hoenderspeserye ½ koppie gedroogde kruie 100 ml paprika 100 ml sout 100 ml […]

Die alleenvrou in die gemeente

Deur Hannatjie Vorster “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matt. 11:28) Ons is “kerkvriende”. Ons werk saam by funksies en gesels dikwels Sondae by die tee. Ons deel in mekaar se wel en weë, maar kuier nie by mekaar nie. Skielik is hulle nie Sondae […]

Die trauma van verlies

Dr. Trudie antwoord My man het drie jaar gelede verongeluk, vyf dae na sy verjaarsdag. Aangesien hy op ʼn vakansiedag verjaar het, het ons altyd op ʼn heerlike romantiese wegbreek gegaan gedurende daardie tyd. Ek is nog redelik jonk (in my dertigs) en almal om my sê dat ek net moet vasbyt. Ek gaan oor […]

Om rustig te slaap

Deur Griet Swanepoel “Ek was besig om saggies en rustig heen te gaan – tot my vrou my op die vloer in die gang gekry het!” vertel ʼn pasiënt vir my, “as my vrou op die toneel verskyn dan bly niks meer dieselfde nie!” Hy maak grappies maar is duidelik dankbaar dat sy hom betyds […]

Om geestelik te rus

Deur Jaai du Plessis Om geestelik tot rus te kom moet ek die onrustigheid binne-in my onder oë neem. Ek gló die Here wat die hemel en die aarde gemaak het sluimer nooit in nie, én Hy sal my beskerm waar ek gaan, nou en vir altyd (Ps.121), maar hierdie onrus in my binneste wil […]

kieslys