Vir 100 mense, in ‘n nr. 14 pot

Deur Griet Swanepoel

Bestanddele

 Marinade vooraf:

1 koppie tamatiesous

1 koppie wit wyn

1 koppie suurlemoensap,

1 koppie mayonnaise

Meelmengsel

2 pakke Chicken á la King

2 pakke sampioensoppoeier

2 koppies koekmeel

1 koppie hoenderspeserye

½ koppie gedroogde kruie

100 ml paprika

100 ml sout

100 ml peper.

Vleis

20 kg hoenderdye

2 kg spekblokkies

Groente

10 gekapte uie

2,5 kg baba aartappels

2,5 kg groenboontjies

2,5 kg botterskorsies

2,5 kg sampioene

Vog

100 ml Worcestersous

1 Groot blik appelkooskonfyt

1 blik Coke/bier

500 ml room (voor opdiening)

 Metode

  1. Die aand vooraf: Meng die tamatiesous, wit wyn, suurlemoensap en mayonnaise. Giet oor die hoenderstukke, meng goed marineer oornag.
  2. Die volgende oggend: Meng al die bestanddele vir die meelmengsel saam. Haal die hoender uit die marinade, maak effens droog en rol in die meelmengsel. Pak dit in ’n bak en plaas dit weer terug in die yskas. (Moenie die marinade weer gebruik nie)
  3. Drie ure voor etenstyd: Maak ’n nr. 14 pot warm oor gas of kole. Gooi ’n  bietjie olie onder in die pot en wag tot dit kokend warm is. Gooi nou die gekapte uie, gesnipperde spek in die pot en roer tot die uie gaar is. Skep uie en spek uit.
  4. Gooi weer bietjie olie in die pot. Braai die hoenderstukke in die warm pot vir 15 minute.
  5. Maak ’n mengsel van Worcestersous, Coke of bier en appelkooskonfyt aan en gooi oor die hoender. Gooi die gebraaide uie en spek terug in die pot oor die hoender. Draai die gas af tot klein vlammetjie en los dit vir ’n uur.
  6. Berei nou die groente voor: Klein aartappeltjies in helfte gesny; Groen bone opgesny; botterskorsies in blokkies gesny. Gooi die groente in die pot en strooi sout bo-oor. Plaas die deksel op vir ’n volgende uur.
  7. Berei nou die sampioene voor: was dit en laat in soutwater lê. As twee ure verby is, gooi die soutwater af en voeg die sampioene by die pot.
  8. Na twee en ’n halfuur: gooi 500ml room in die pot. Sit die pot nou op ’n baie klein vlammetjie.
  9. Sit die pot se vlam 15 minute voor opdiening heeltemal af.
  10. Skep in, geniet en kuier om die vuur!

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top