Ek sal julle rus gee

Deur Jacomien Zwemstra Het julle al gewonder hoeveel keer op ‘n dag hoor ʼn mens hierdie dialoog: “Hallo, hoe gaan dit?” “Goed dankie, en met jou?” “Goed. Net besig!” Ons is altyd besig! En ons is altyd moeg! En as ons nie besig is nie, dink ons daar is fout, of ons soek ’n verskoning […]
Nooi mense uit na die allerbelangrikste rus

Deur Prof. Flip Buys Wat beteken dit as Jesus sê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag […]
Kaleidoskoop Oktober 2017

Saamgestel deur Ds. Christo Swanepoel Een van die beroemde slagspreuke van die Reformasie was “Christus alleen”. Hierdie waarheid kom baie duidelik na vore in Jesus se eie woorde: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe.” Hierdie drie woorde is veelseggend wanneer dit saam in dieselfde sin gebruik word. Deur die eeue is hierdie […]
DIE MENS – GESKAPE VERHOUDINGSWESE

Die gelowige vrou en haar jong kinders Deur Jaai du Plessis “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken” (Jer.1:5). Dawid besing ook die wonder van God se skeppingskrag en betrokkenheid waar niemand kan sien nie: “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder” (Ps.139:13). ’n Mens […]
Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Deur Jo van Rooyen Daardie pad wat teen die berg oploop en dan verdwyn, waarheen gaan hy? Wat lê anderkant daardie berg en hoe lyk dit as jy bo-op staan? Selfs ʼn skildery van ʼn pad wat wegraak in die verte fassineer en prikkel die verbeelding. Waarheen gaan daardie pad? Bestaan so ʼn pad werklik? […]
Spinasiekinkels

Spinasiekinkels Deur Griet Swanepoel Bestanddele • 1 bos spinasie • 1 knoffelhuisie • 100 mg botter • Halwe teelepel oreganum • Halwe teelepel basiliekruid • 1 pakkie sampioensop • 1 eetlepel Maizena aangemaak met ’n bietjie melk • Geurmiddel soos Ina Paarman se Cheese Sprinkle • Bietjie fyn neut. • 2 koppies gerasperde cheddarkaas • […]
Jeanne d’Albret

Vroue van die Reformasie Deur Jaai du Plessis Jeanne was die enigste kind van Henry d’Albret en Marguerite de Valois, Koning en Koningin van Navarre. Hulle het die koninkryk van Bearn naby die Spaanse grens besit. Haar pa was ’n beminde en bekwame regeerder. Haar ma (suster van Koning Francis I van Frankryk) was besonder […]
Marie Dentière – vurige redenaar

Vroue van die Reformasie Deur Annamie Odendaal ʼn Ooggetuie kan sekerlik iemand wat 4 eeue gelede geleef het die beste beskryf. Mens kry so darem ʼn idee van een oomblik uit ʼn veelbewoë lewe. Dis beter as niks, maar in hierdie spesifieke geval sal ek baie moet beduie oor als rondom die storie wat Calvyn […]
Olympia Morata

Vroue van die Reformasie Deur Jozelle Smit In 1539, in die Italiaanse stad Ferrara, is die hof van die Hertog van Este, wat in beheer was van die stad gekenmerk deur die spanning tussen Hertog Ercole II en Hertogin Renée. Ercole het beheer van die stad oorgeneem na sy vader se dood. Ferrara was in […]
Argula von Stauff von Grumbach – onverskrokke gelowige

Vroue van die Reformasie Deur Hannatjie Vorster Ons ontmoet die jong Argula von Stauff vroeg in die 1500’s in die Ehrenfelskasteel naby Beratzhauzen in Bavaria toe haar adellike vader vir haar as tienjarige ʼn pragtig versierde Koberger Bybel as geskenk gee, in “Hoch Deutsch” geskryf. Dit was uitsonderlik vir daardie tyd dat sy, as jong […]