vroueblad logo flt

Spinasiekinkels

Spinasiekinkels
Deur Griet Swanepoel

Bestanddele
• 1 bos spinasie
• 1 knoffelhuisie
• 100 mg botter
• Halwe teelepel oreganum
• Halwe teelepel basiliekruid
• 1 pakkie sampioensop
• 1 eetlepel Maizena aangemaak met ’n bietjie melk
• Geurmiddel soos Ina Paarman se Cheese Sprinkle
• Bietjie fyn neut.
• 2 koppies gerasperde cheddarkaas
• 2 wiele fetakaas gekrummel
• 1 eier geklits
• 4 rolle koue gekoopte skilferkorsdeeg (Puff Pastry)
• Bakkie met water
• Sout en peper na smaak

Metode:

1. Spoel spinasie baie goed af en lê in soutwater.
2. Verwyder die steel van die spinasie en snipper die blare fyn op met ’n kombuisskêr.
3. Was en spoel die opgesnyde spinasie weer ‘n keer. Dreineer die spinasie baie goed. Kook dit met al die geurmiddels tot sag. Roer ’n pakkie sampioensoppoeier en aangemaakte Maizena daardeur om dit effe te verdik.
4. Braai die uie en knoffel in die botter tot die uie sag is. Gooi nou die gekookte spinasie daarby. Laat dit afkoel.
5. Rol die deeg uit in ’n vierkant en smeer ’n bietjie water oor met ’n kwassie.
6. Sit nou die klaar gekookte spinasie op die vierkant. Strooi die fetakaas en gerasperde kaas oor. Plaas die volgende laag van die skilferkors deeg bo-op. Smeer die bokant van die deeg met die geklitse eier en strooi dan ʼn geurmiddel oor (Ina Paarman se speserye of Aromat).
7. Sny nou die deeg in lang stroke – ongeveer 2cm breed. Sit in die yskas vir ʼn rukkie.
8. Draai dit in kinkels. Bak in ʼn warm oond 200⁰C tot goudbruin en bros.
9. Bedien met soet chilliesous as voorgereg.

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys