DIE MENS – GESKAPE VERHOUDINGSWESE

Die gelowige vrou en haar jong kinders

Deur Jaai du Plessis

“Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken” (Jer.1:5). Dawid besing ook die wonder van God se skeppingskrag en betrokkenheid waar niemand kan sien nie: “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder” (Ps.139:13). ’n Mens kyk met hernude ontsag na die kosbare mensies wat die Here aan jou sorg toevertrou het as jy hierdie gedeeltes weer lees.

Die Bybel leer ons ons moet hulle name gee (Matt.1:25), fisiek versorg (2 Kor.12:14), hulle onderrig (Deut. 6:6-7; 2 Tim. 3:15), dissiplineer (Spr.23:13-14), beskerm (Hebr.11:23), versorg en troos (1 Tess.2:7), geloof voorleef en oordra(Ps.78:1-8; 2 Tim.1:5) en liefhê (Jes.49:15).

Jong kinders (tot ongeveer 10 jaar) moet vaardighede aanleer om te oorleef en om met ander mense oor die weg te kom. Die meeste ontwikkelingstake van die latere fases bou hierop. Om in staat te wees om die nodige vaardighede te kan aanleer moet hulle eie behoeftes aangespreek word. ’n Mens moet onthou hulle lyfies is kleiner as ons sʼn, maar dit beteken nie hulle emosies en dit wat hulle nodig het is kleiner of minder belangrik as ons s’n nie. Hulle het ‘n behoefte aan geborgenheid, aanvaarding, aanmoediging, ‘n gevoel van eiewaarde, dissipline, en veral, liefde. Hulle het ook nodig om bewus gemaak te word van die Here se teenwoordigheid (Gary R. Collins: Die A tot Z van Berading, Struik Christelike Boeke 2005, p.180). Jong kinders is na-apers: wat hulle ontvang het, kan hulle aangee en inploeg in hulle verhoudings met ander mense.

Die meeste kinders word normaal groot ten spyte van foute en onvolmaakthede van hulle ouers. Aan die ander kant duik daar soms probleme op sonder dat daar noemenswaardige foute deur die ouers begaan is. Moet daarom nie te krities op jouself wees nie. Ontspan. Geniet jou kinders. En hê hulle mateloos lief.

Aanvaar die feit dat om ‘n ouer te wees een van die belangrikste take is wat jy ooit sal onderneem en beplan jou energie en tyd dienooreenkomstig. Ons moet hulle nie té vas maak aan ons nie. Ons besit hulle nie (volgens Landrum Boiling in Gary R. Collins se Die A tot Z van Berading, Struik Christelike Boeke 2005, p.181). Ons moet die beste wat ons kan vir hulle doen en hulle dan biddend oorgee in die Here se hande.

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top