vroueblad logo flt

Die gelowige vrou en haar tieners

 Deur Jaai du Plessis

In Bybelverwysings word die “jeug” beskryf as sterk, die woord van God bly in hulle, in staat om die Bose te oorwin (1 Joh.2:14), asook toegewyd (1 Kon.18:12). Meestal kom kinders sonder probleme deur hulle tienerjare. Dit is egter ook waar dat hulle onervare is (1 Kron.22:5), ʼn gebrek aan kennis en oordeel het (Gen. 37:2-11), sondig en dwaas kan optree (Ps. 25:7) en daarom ouerlike leiding nodig het.

Hulle onsekere soeke na antwoorde op “Wie is ek?”, “Waar pas ek in?”, “Hoe kom ek met ander oor die weg?” en “Wat glo ek?” word gekompliseer deur angs, verwarring en opgewondenheid wat biologiese liggaamsveranderinge tydens die tienerjare teweegbring. Seksuele bewustheid en drange word meer intens, en seks en dwelms ‘n wesenlike gevaar wat vererger word deur groepsdruk. Geen wonder nie dat ons spesifieke waarskuwings in die Bybel hieroor kry: “Vermy begeertes wat ‘n jongmens in gevaar bring…” (2 Tim. 2:22),  “…en vermy wat die liggaam kan kwaad doen” (Pred. 11:9-10). Die liggaam is ‘n tempel van God: waak teen sonde (seks) wat binne die liggaam plaasvind (1 Kor. 6:18-19), en eintlik dwelmmisbruik ook insluit.

As Christenouers aanvaar ons dat God ons kinders sal beskerm as ons gereeld vir hulle bid. Dit is waar, maar ons mag dit nie as ‘n verskoning gebruik om netelige kwessies te ignoreer nie want dit is óók waar dat God soms ons gebede verhoor en hulle beskerm dánksy ons morele onderrig oor buitehuwelikse geslagsgemeenskap en tydige waarskuwings oor dwelmmisbruik.

Die liefdevolle voorbeeld van ouers is een van die effektiefste voorkomende invloede in ‘n tiener se lewe. Die gesin moet ‘n veilige hawe bied in tye van stres, sekerheid wanneer die wêreld om hulle baie verwarrend is 1 (p.199).  Namate hulle ouer word moet die ouer-kind verhouding oorgaan in ʼn ondersteunende vriendskapsverhouding.

Jesus se laaste woorde voor sy hemelvaart was ʼn opdrag: Maak dissipels (Matt. 28:19-20). Begin tuis! Geen mens kan van ‘n ander ‘n Christen maak nie, maar ons geloof beïnvloed diegene om ons. Ons kan aan ander die geleentheid bied om te reageer deur ons woorde, dade en liefde, en hulle sodoende na die lewende Christus lei (Die Bybel in Praktyk, p.1523).

1: Gary R. Collins. Die A tot Z van Berading. Struik Christelike Boeke 2005

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys