Die gelowige vrou in verhouding met haar man

Deur Jaai du Plessis

Die Here het gesien “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie” (Gen. 2:18a) en het vir hom ’n vrou gemaak, “sy gelyke” (18b). Adam het sy werk gehad nog voordat hy ‘n vrou gehad het. Hy is dus primêr gemaak vir sy werk, terwyl die vrou primêr gemaak is as ‘n maat vir Adam omdat hy alleen was. Haar eintlike rol sentreer dus om verhoudings. Dit beteken nie mans moenie verhoudings hê nie en vrouens moenie werk nie (Eva moes hom immers help!), maar ’n mens moet onthou wat die primêre doel is waarvoor God mans en vrouens onderskeidelik gemaak het. Ons moet uitleef wat Hy in gedagte gehad het: ‘n verhouding gekenmerk deur samewerking, nie kompetisie nie (David Pawson: Unlocking the Bible. Collins 2007; p.51).

Die opdrag: “Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees” (1 Pet. 3:1) verwys nie na status nie, maar na rolverdeling (Die Bybel in Praktyk, p.12). Onderdanigheid beteken dat ‘n mens gewillig is om met iemand saam te werk, eerstens uit liefde en respek vir God en tweedens vir die betrokke persoon. Funksionele onderdanigheid gaan oor die rol wat elke party moet speel en die werk wat elkeen moet doen. Verhoudingsgewys beteken onderdanigheid ‘n liefdevolle erkenning van die ander persoon se unieke menswees. Wederkerige onderdanigheid beteken wederkerige, nederige samewerking. Omvattende onderdanigheid is ‘n erkenning dat Jesus Christus die oppergesag het. Ons onderdanigheid aan mense moet dus deel uitmaak van ons onderdanigheid aan God (Die Bybel in die Praktyk,p.1953).

Die liefde tussen man en vrou is deel van God se skepping. Dit is die gawe wat God aan getroude mense gegee het sodat hulle gelukkig met mekaar kan saamleef. Dit is ‘n psigofisieke verhouding wat hulle hele menswees insluit en die psigiese en erotiese is álbei belangrik. ‘n Wanbalans ontstaan as die seksuele sy oorbeklemtoon word, of afgemaak word as iets leliks (Jan van der Watt (Red.): Die Bybel A-Z. CUM 2003; p.410-412).  Hooglied beeld die mooiheid en skoonheid van die liefdesverhouding tussen man en vrou pragtig uit.

“Man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën… Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed” (Gen.1:27c, 28a, 31a).

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top