Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens erken dit nie graag nie, maar ons sê maklik: “Sy maak my rasend!” – en weet glad nie waar daardie gevoel vandaan kom nie.

Deur Jaai du Plessis

Om ons gevoelens beter te leer ken moet ons na ‘n paar ongemaklike waarhede kyk:


 Niemand kan jou kwaad, bly, hartseer, of énige iets, maak nie;
 Ons kies hoe ons voel op grond van die “stories” wat ons aan onsself opdis;
 Ons gevoelens lei tot aksies en dit produseer resultate (uitkomste); en
 As ons nie hou van ons uitkomste nie, moet ons kyk na ons gedagtes, want wat ons dink stuur ons op die pad van die aksies wat ons uitkomste teweegbring.


Jou brein handel uit selfbehoud


’n Mens se eerste reaksie is: “Ek dis nie aan myself stories op nie want ek ís in beheer van my gedagtes”.
Die realiteit is ongelukkig “Your brain has a mind of its own”. Ja regtig. Uit eie beweging handel die brein meer uit selfbehoud as uit rasionele denke en redelikheid. Ons het ‘n natuurlike geneigdheid om aan onsself stories op te dis wat dit wat ons doen – of nalaat – regverdig. En om ons stories toe te laat om hulleself voor te doen as feite. En om inligting te soek wat ons siening versterk, en om inligting wat dit weerspreek, uit te filter.

As ons nie versigtig is nie, maak ons voortydige gevolgtrekkings teen die spoed van lig. Dit is nie ‘n karaktergebrek nie: dit is deel van menswees. Maar hierdie natuurlike geneigdhede kan verlammend wees. En omdat ’n mens gewoonlik nie bewus is daarvan wanneer hierdie geneigdhede kop uitsteek nie, is dit baie moeilik om jouself regtig te leer ken – en nog moeiliker om iemand anders regtig te leer ken.

Vind ’n ander pad uit.

Die goeie nuus is dat ons ‘n reeks gedragspatrone kan aanleer wat beter resultate lewer. Roger Duncan het ‘n benadering vir die uitdaging van ons eie gevolgtrekkings ontwikkel. Hy noem dit: “FIND-IT”. Dit staan vir: Focus, Inquire, Notice, Discern – Integrate, Translate. Kom ons kyk wat elkeen van hierdie werkwoorde beteken:

 Fokus is om te konsentreer; versigtig te definieer;
 Inligting Inwin is om te ondersoek. Dit vereis gewilligheid om inligting te onthul en te
aanvaar wat anders is as die eerste indrukke of vooropgestelde idees;
 Notisie Neem is oplettende waarneming van klein besonderhede om meer bewus te raak
van die individuele gedeeltes waaruit die geheel bestaan;
 Differensieer is om te onderskei of te herken wat verskil of anders is. Onderskei-dingsvermoë of oordeelkundigheid is ‘n resultaat van eerlike ondersoek en oplettende waarneming;

 Integreer behels die vereniging van dele in ‘n geheel met oorweging aan die moontlike
interafhanklikheid van die afsonderlike dele; en
 Taalomsetting is om iets te verander, of te verduidelik in bewoordinge wat makliker verstaanbaar is en meer toepaslik aangepak kan word.


Kom ons bekyk die waarde van die FIND-IT-model in ‘n moeilike situasie:


Stephen Covey was in ’n moltrein toe ‘n man met heelparty kinders inklim. Die man het gaan sit en beteuterd na die vloer gestaar. Die trein het weggetrek en voortgeslinger en die kinders het soos besetenes tekere gegaan. Hulle het aan mekaar gestamp en ‘n lawaaierige ergernis van hulleself gemaak. Een kleintjie wat nog skaars kon loop het oor ander passasiers se voete gestruikel. Stephen was baie geïrriteerd met die man. Die gevolgtrekking waartoe hy gekom het was dat die man ‘n ongure karakter was en nie genoeg omgegee het nie. Daarom dat hy nie sy onregeerbare kinders probeer beheer het nie.
Stephen het langs die man gaan sit en ‘n paar eenvoudige vrae gevra en bevestig dat die kinders wel die man s’n was. Stephen het ergerlik gevoel oor die kinders se gedrag, maar meer nog oor die pa se oënskynlike gebrek aan belangstelling.


Op sy vraag: “They seem anxious about something. Are you concerned that this littlest guy might get hurt in the crowd?” het Stephen ‘n antwoord gekry wat alles verander het: “Oh, yeah, I realize the children are out of hand. You see, we just left the hospital. My wife has been gravely ill for several weeks. She died about an hour ago. I’ve told the children that their mother is gone and I’m afraid they’re kind of in shock. I certainly am. I don’t know how I’m going to live without my wife.”


Met hierdie nuwe insig het die “storie” wat Stephen se brein aan hom opgedis het, onmiddellik verander. In plaas daarvan om die man as onguur en onbetrokke te sien, kon hy hom nou sien vir wat hy was: ‘n medemens verswelg deur hartseer en skok. Toe Stephen se siening verander, het sy gedrag ook verander. Sy drang om te oordeel en die man op te voed is vervang deur ‘n drang om te vertroos en te help. Hy het aangebied om sy afsprake te verskuif en die man te help – ‘n totale vreemdeling wat skielik deur meer volledige, akkurate inligting ‘n medemens in nood geword het.


FIND-IT bemagtig jou met ware kennis…


Wanneer ons doelgerig Fokus op ‘n situasie begin ons dinge sien wat aanvanklik nie duidelik was nie; wanneer ons met deernis Inligting Inwin – nie met die doel om iemand uit te vang nie, maar met die doel om moontlikhede te ontdek waaraan ons aanvanklik nie gedink het nie – is ons soms verras met wat ons leer; wanneer ons bewustelik Notisie Neem van die fyner besonderhede van ‘n situasie begin ons die onderskeie deeltjies waaruit die landskap bestaan, te sien en waardeer; wanneer ons versigtig ontleed wat aangaan, kan ons Differensieer tussen die feite (verifieerbare data) en ons eie gevolgtrekkings (ongegronde aannames wat ons aan onsself opdis as die waarheid); wanneer ons Integreer wat ons waargeneem en ontleed het, is ons goed op pad na toepaslike gevolgtrekkings, besluite en optredes; en dán kan ons die Taalomsetting doen na iets meer verstaanbaar, wat dan kan lei tot ‘n produktiewe uitkoms.


Volgende keer wanneer jy soek na ‘n bruikbare benadering tot ‘n situasie – hetsy as ‘n ouer,
leier, werknemer, vriend of as lidmaat van ‘n gemeente – bewys jouself ‘n guns en… FIND-IT!


Bron:
Duncan, Rodger Dean. Your Brain Has a Mind of Its Own – Thrive Global.
https://thriveglobal.com July 23, 2018.

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top