Nylstroom-susters se vullende ontbytgereg

Deur Griet Swanepoel

Resep vir 8 persone

Hierdie ontbytgereg is heerlik en dit werk wonderlik omdat al die werk vooraf gemaak kan word. Die volgende oggend word dit dan net in die oonde gedruk. Elke persoon kry ’n  vierkantige  toebroodjie wat die porsies maklik beheer omdat dit mooi afgebaken is in die pan.  Die resep is vir 8 persone, maar kan maklik vermeerder word vir ’n  grootmaat ontbytresep.  Probeer dit gerus vir ’n volgende saamtrek, klassis of sinodesitting.

My raad: Die porsies is werklik groot en as daar ander bykosse soos joghurt en vrugte op die spyskaart is, kan net ’n halwe broodjie ook ’n voldoende porsie wees.

Bestanddele:

16 Snye brood

250 g kaas/ snytjies of gerasper

750 ml melk

10 ml Worcestersous

1 ui

250- 500 graanvlokkies

125 ml margarien

250 spek

6 eiers geklits

Tabascosous

Sout en peper

1 groen rissie en 1 pakkie wit sampioene fyngekap (opsioneel)

5 ml droë mosterd

Metode:

  • Rooster die brode liggies
  • Smeer ’n oondpan of bespuit met kleefwerende middel.
  • Braai uie, groen rissie en sampioene en sit een kant
  • Braai spek op ’n warm plaat
  • Klits die eiers, ’n  druppeltjie tabascosous, mosterdpoeier, melk met sout en fyn swart peper saam.
  • Pak nou die eerste laag broodjies in die oondvaste bak.
  • Plaas die lagie gebraaide uie, sampioen en rissie daarop.
  • Gooi nou ’n lagie spek daaroor.
  • Strooi gerasperde kaas of ’n snytjie kaas bo-oor.
  • Bedek nou met nog ’n lagie brood om toebroodjies te maak.
  • Gooi geklitste eiermengsel bo-oor druk gaatjies met ’n vurk sodat die mengsel goed kan week. Bedek met kleefplastiek en laat staan oornag in die yskas.
  • Gooi volgende oggend gesmelte  margarien oor die broodjies.
  • Gooi nou die graanvlokkies oor.
  • Bak teen 180ᵒC vir 45 minute tot bruin en bros.
  • Bedien warm.

 

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top