vroueblad logo flt

Nylstroom-susters se vullende ontbytgereg

Deur Griet Swanepoel

Resep vir 8 persone

Hierdie ontbytgereg is heerlik en dit werk wonderlik omdat al die werk vooraf gemaak kan word. Die volgende oggend word dit dan net in die oonde gedruk. Elke persoon kry ’n  vierkantige  toebroodjie wat die porsies maklik beheer omdat dit mooi afgebaken is in die pan.  Die resep is vir 8 persone, maar kan maklik vermeerder word vir ’n  grootmaat ontbytresep.  Probeer dit gerus vir ’n volgende saamtrek, klassis of sinodesitting.

My raad: Die porsies is werklik groot en as daar ander bykosse soos joghurt en vrugte op die spyskaart is, kan net ’n halwe broodjie ook ’n voldoende porsie wees.

Bestanddele:

16 Snye brood

250 g kaas/ snytjies of gerasper

750 ml melk

10 ml Worcestersous

1 ui

250- 500 graanvlokkies

125 ml margarien

250 spek

6 eiers geklits

Tabascosous

Sout en peper

1 groen rissie en 1 pakkie wit sampioene fyngekap (opsioneel)

5 ml droë mosterd

Metode:

  • Rooster die brode liggies
  • Smeer ’n oondpan of bespuit met kleefwerende middel.
  • Braai uie, groen rissie en sampioene en sit een kant
  • Braai spek op ’n warm plaat
  • Klits die eiers, ’n  druppeltjie tabascosous, mosterdpoeier, melk met sout en fyn swart peper saam.
  • Pak nou die eerste laag broodjies in die oondvaste bak.
  • Plaas die lagie gebraaide uie, sampioen en rissie daarop.
  • Gooi nou ’n lagie spek daaroor.
  • Strooi gerasperde kaas of ’n snytjie kaas bo-oor.
  • Bedek nou met nog ’n lagie brood om toebroodjies te maak.
  • Gooi geklitste eiermengsel bo-oor druk gaatjies met ’n vurk sodat die mengsel goed kan week. Bedek met kleefplastiek en laat staan oornag in die yskas.
  • Gooi volgende oggend gesmelte  margarien oor die broodjies.
  • Gooi nou die graanvlokkies oor.
  • Bak teen 180ᵒC vir 45 minute tot bruin en bros.
  • Bedien warm.

 

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys