Wat beteken dit dat mans hulle vroue moet liefhê soos Christus liefhet?

 Deur Prof. Ben de Klerk 

ʼn Opdrag vir ʼn nuwe man

 Die Here het ook die man van sonde verlos en aan die gelowige man ʼn nuwe hart, ʼn nuwe wil en die Heilige Gees gegee. Daarom kan hy huweliksopdragte kry en die Here gee aan die man ʼn wonderlike en tog moeilike opdrag. Hy moet sy eie vrou liefhê. Dit klink nog redelik maklik, maar die opdrag is: Hy moet haar liefhê soos Christus die gemeente liefhet. Hy moet in sy huwelik Christus se liefde afbeeld sodat ander deur sy liefde vir sy vrou meer van Christus se liefde kan sien. Christus het ons tot die uiterste van die kruisdood liefgehad. Die man wat sy vrou só moet liefhê, behoort die kruisgebeure te oordink. Christus se opofferende liefde is die dryfkrag wat hom behoort aan te spoor om homself te gee in opofferings vir sy vrou. Dit kan alleen omdat die gelowige man beheer word deur die Heilige Gees wat liefde in sy hart uitstort.

Wat is die diepste betekenis van liefhê?

 Die liefde van die man vir sy vrou sluit vriendskap- en seksuele liefde in, maar die liefde is dieper en meer omvattend. Dit is om jouself heeltemal op te offer. Liefde beteken tere versorging en eindelose opofferings, om jou vrou hoër te ag as jouself. Christus se liefde vir die kerk laat die kerk soos ʼn blom oopgaan, want sy liefdesoffer heilig die kerk. So moet die man se liefde sy vrou se innerlike en uiterlike skoonheid laat oopgaan sodat sy haar nuwe identiteit as mens van die lig, vol van die Heilige Gees, kan uitstraal. Liefdeloosheid van die man se kant kan veral sy vrou se innerlike skoonheid erg benadeel.

Liefhê soos die man sy eie liggaam liefhet

 Die voorbeeld van Christus se liefde vir ons wys hoe intens die man se liefde vir sy vrou behoort te wees. Die liefde is heerlik, totaal en omvattend. Dit moet ook baie prakties wees. Hy moet sy vrou liefhê soos hy sy eie liggaam liefhet. Elke man het hiervan praktiese ervaring, want ʼn man versorg sy liggaam spontaan, omdat hy omgee vir sy higiëne en gesondheid. Die reël wat Christus daargestel het dat ons aan ander moet doen soos ons aan onsself gedoen wil hê, word hier op die man se verhouding met sy vrou toegepas. Die man voed en versorg van sy eie liggaam. Hy moet sy vrou so versorg deur haar op te bou deur gesprekke en gebede en saam luister na die Woord van die Here. Dit beteken ook gewone daaglikse hulp en ondersteuning in die mees praktiese sin van die woord.

Twee is één

 Man en vrou is één, een liggaam. Hulle is seksueel een en ook geestelik een. Daarom kan gesê word dat die man wat sy vrou liefhet homself liefhet, want hulle is een huweliksliggaam. Man en vrou is so een soos Christus en sy bruid, die kerk: Christus die Hoof en die kerk sy liggaam. In Gen. 2 al het die Here verklaar dat die man sy ouers sal verlaat en sy vrou sal aankleef. Hulle sal aan mekaar gelym word deur God se krag en ʼn nuwe eenheid vorm, ʼn liggaam. In die eenheid van die man en vrou lê ʼn diep geheim opgesluit. Dit is die geheim van seksuele eenheid, nog dieper:  Van ʼn eenheid wat God Self geskep het, die huwelik.

Liefde bewys van ʼn nuwe lewe

 Die huwelik behoort die verhouding tussen Christus en die kerk te weerspieël en die gelowige man en sy gelowige vrou moet met hulle liefde en respek en diensbaarheid die verhouding van Christus met sy kerk sigbaar maak. Die man moet deur  opofferende liefde sy vrou laat oopgaan sodat sy meer en meer groei en word wat God se bedoeling met haar is. Die vrou moet as antwoord op hierdie liefde van die man aan hom eerbied en ondersteuning gee. Gelowiges kan deur die liefde en respek in die huwelik wys hulle leef ʼn nuwe lewe en is daarom vervul met die Heilige Gees.

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top