Soos een wat op die mure
 as wagter uitgestel,
 gedurig deur die ure
 met sy gedagte tel –
 só wag my siel, en sterker,
 gedurig op die HEER,
 tot Hy, die Ligbewerker,
 die nag in daagraad keer (Psalm 130-1: 3) 

Geliefdes in die Here,

In hierdie uitgawe, wat ook ons laaste gedrukte uitgawe na 75 jaar is, val die fokus op die dissipels wat moes wag op die uitstorting van die Heilige Gees voordat hulle as apostels, gestuurdes van ons Here Jesus Christus, kon uitbeweeg om die blye Boodskap te gaan verkondig. Ja, hulle moes wag op die gawe van die Vader, sodat hulle toegerus kon wees vir die groot taak.

Op Donderdag 13 Mei 2021 vier ons as gelowiges dan ook Hemelvaart om terug te dink aan die feit dat Jesus opgevaar het na die hemel, maar ook dat Hy ons nie alleen agtergelaat het nie – Hy het die ander Trooster (vgl. Joh. 14: 16; 1953-vertaling) vir ons gegee om vir ewig by ons te bly.

Hierdie ander Trooster is ook nou  by jou waar jy dalk in jou lewe wag op antwoorde.  Wag vra stilsit en stilsit bring denke en emosies.  Wag impliseer dat daar iets is waarop jy wag en wyd gekyk wag ‘n mens op baie dinge: jy wag op jou lewensmaat, jy wag op ‘n baba, jy wag op ‘n  nuwe werksgeleentheid of bevordering, jy wag op ‘n lewensveranderende mediese uitslag.

As ’n mens mooi daaroor dink, impliseer wag nie passiwiteit soos wat ‘n mens dadelik dink aan wag op  ‘n stasie of op ‘n lughawe nie.  Om op goed in die lewe te wag, vra aktiwiteit.  Dit vra gesprek met God, om te wag op Hom terwyl jy met al hierdie wag-dinge in jou lewe besig is.  Daarom kan ‘n mens hartlik saam met die Psalmis sing:  “Soos een wat op die mure as wagter uitgestel, gedurig deur die ure met sy gedagte tel – só wag my siel, en sterker, gedurig op die HEER…” (Ps. 130-1:3; berymd).

As Redaksie moes ons ‘n gewigtige besluit neem oor die tydskrif se voortbestaan.  Ons het gekies om voortaan die tydskrif slegs digitaal uit te gee, vanweë 2 onvermydelike statistieke: dalende intekenaartalle en finansies wat knyp.  Terwyl ons nog fondse beskikbaar het, het ons besluit om die beste daarvan gebruik te maak – en die digitale opsie lyk ekonomies op die lange duur die beter opsie te wees. Lees asseblief die artikel van ons Assistent-Redakteur, Annamie Odendaal (p. 24-25) hieroor en ondersteun ons deur digitaal in te teken.  

In geloof wag ons ook op die Here om te sien wat die toekoms en ons digitale blad gaan oplewer.

Liefdegroete in Christus

Cobie Steyn

Wil jy gesels oor iets?

  • SMS: 082 555 9586 (begin SMS met VB)
  • E-pos: cobiesteyn@live.com
  • Facebookblad: Gereformeerde Vroueblad
  • Slakkepos: Posbus 178 Lydenburg 1120. 

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top