vroueblad logo flt

Tamatiekonfyt vir die siel

Resep

(deur Annamie Stander,  GK Musina)

 My resepte is sonder fieterjasies, geen geweek, gewag of geskil nie.

  • Soos ek onthou, weeg kilogram vir kilogram, met ander woorde een kilogram tamaties vir een kilogram suiker.
  • Was en sny die tamaties se koppe af, gooi dit in die Twista en gee dit ’n paar draaie, net om dit te breek, nie te verpulp nie.
  • Gooi nou laag vir laag al om die beurt met die suiker in ’n swaarboomkastrol, wat jy wel so ’n veeg olyfolie op die bodem gegee het.
  • Ek het gemmer in ’n sakkie toegeknoop en laat saamkook, seker so ’n vinger gemmer, dan haal ’n mens dit mos agterna uit (en eet lekker alleen daaraan in die kombuis!)
  • Kook teen middelmatige hitte vir so ’n uur, voeg dan die sap van een suurlemoen by en prut vir nog so ’n uur of tot die konsistensie reg lyk.
  • Skep kort-kort die skuim wat bo-op vorm af.  As dit onweer is, sal jy waarskynlik môre verder moet kook.
  • Laat die konfyt afkoel en kyk hoe dit vir jou lyk. As jy te lank of te vinnig kook, word die konfyt donker.
  • As jy tevrede is, bottel in gesteriliseerde bottels en bedek konfyt met ’n brandewyngeweekte papiertjie, gesny in die vorm van die bottel se deksel.
  • Skroef, toe, plak jou eie plakkertjie op en siedaar!
Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys