vroueblad logo flt

Rommel & opgaargoed

Saterdag het ek besluit die kas met die Tupperbakke, goedkoop bakke, en roomysbakke moet reggepak word. Ek is seker almal van ons het so ’n kas in ons kombuis. Ek probeer gereeld dié kas orden, maar dis eintlik verniet. Binne ʼn paar dae is die kas weer ʼn mengelmoes van bakkies van “all shapes and sizes” – die vorige netjiese stapel weer lekker deurmekaar. Iemand wou weer die onderste bakkie hê en het die hoop inmekaar laat tuimel. En as jy skottelgoed was, druk jy weer die volgende leë margarienbakkies daarin…

Ek vervies my vir die kas en gaan koop ’n nuwe stel plastiese bakke wat een kleur is en netjies inmekaar pas. Ek voel tevrede met die resultaat.

Partykeer wanneer ek deur hierdie proses van opruim en weggooi gaan, dan dink ek by myself: “Hoekom kan ek nie so maklik my kop en hart skoonmaak nie? Net al my hartkamers vernuwe met nuwe bloed en gevoelens nie?”

Ek wil al die rakke in my hart wat vol spinnerakke is, die teleurstellings en foute wat ek deur my lewe gemaak het, uitgooi en vervang met splinternuwe gedagtes: liefde, geloof, vergifnis. Die ou koeie lê nog maar dikwels en wag in die sloot – net om weer opgegrawe te word. Hoekom weet ek nie. Dit is mos onherroeplik verby, maar soos die mens maar is, grawe ons die ou koeie maklik weer uit die sloot om daarmee te wroeg, iemand anders te verwyt. Wat is die lewe nou anders as die opgaar van oortollige goed in ons harte?

Tog kan ons die kop en hart skoon maak , deur erns te maak met ons verhouding met die Here. In Jesus Christus is daar vergifnis vir al die verkeerde dinge in ons lewens waaraan ons dikwels onnodig swaar dra. In vertroue op Hom kan ons groei in geloof, liefde en hoop. Laat ons ons hart se kaste oopmaak, die opgaargoed in die Here opruim en weggooi. In die Here kan ons met ʼn nuwe, skoon hart ons lewenspad loop, ons oog gevestig op Jesus Christus.

Groete Marja

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys