ʼn Biddende gemeente is ʼn lewende gemeente.

Liewe Medegelowiges,

Ek het geleer dat ʼn lewende gemeente nie aan getalle gemeet word nie. Selfs twee of drie biddende gelowiges kan ʼn reuse verskil maak in ʼn gemeente en ook in die hele gemeenskap.

Om te bid is om jou gedagtes te rig tot God, onse Vader, wat in die hemel is. Ons besef ons is hier maar net tydelik. Ons rig ons oë weg van die sukkelbestaan van rentekoerse, tolpaaie en petrolpryse wat ons spaarvarkie druk dat sy oë traan. Ons kry kans om in die gebed na die hemel te kyk en te sien waarheen ek op pad is. Ek kry kans om my sondes te bely, my medemens te vergewe en bowenal vir my predikant en my gemeente te bid.

Hoeveel tyd moet ons nie maak vir hierdie belangrike saak nie. Die feit dat ons hier op aarde aan ʼn gemeente behoort, is ʼn stukkie hemel op aarde. Daarom moet ons dit lewendig en spesiaal hou deur ons gebede. Hoe jaloers is die duiwel nie op ons hemelse geskenk nie. Ons wapen teen hierdie felle aanslag is alleenlik gebed.

Kom ons bid meer as ons ooit vir ons klein gemeentes op die platteland, vir ons maksi-gemeentes in die stad, vir elke lidmaat, ampsdraer en predikant. Kom ons gee ons hemelse geskenk ʼn nuwe glans deur ons gebede vir mekaar.

Thea De Villiers

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Cobie Steyn
Cobie Steyn
Ek bly op Lydenburg, is getroud met Abel Steyn, wat predikant is van die Gereformeerde Kerk Lydenburg. Ons het 3 kinders (1 dogter en 2 seuns) wat almal al groot en uit die huis uit is. Ek het onder redakteurs Ansie du Plessis en Mariana Venter begin artikels skryf. Sedert Mei 2009 is ek redakteur van die blad. Dit is vir my ʼn voorreg om die blad so saam te stel dat die inhoud sal bydra tot geestelike verryking en geloofsgroei vir vrouens. Opgeleide onderwyseres in Afrikaans en Engels (min skoolgehou); 9 liefdesverhale by Lapa gepubliseer. Beroep tans: Voltydse PA vir blinde predikant.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top