vroueblad logo flt

ʼn Biddende gemeente is ʼn lewende gemeente.

biddend

Liewe Medegelowiges,

Ek het geleer dat ʼn lewende gemeente nie aan getalle gemeet word nie. Selfs twee of drie biddende gelowiges kan ʼn reuse verskil maak in ʼn gemeente en ook in die hele gemeenskap.

Om te bid is om jou gedagtes te rig tot God, onse Vader, wat in die hemel is. Ons besef ons is hier maar net tydelik. Ons rig ons oë weg van die sukkelbestaan van rentekoerse, tolpaaie en petrolpryse wat ons spaarvarkie druk dat sy oë traan. Ons kry kans om in die gebed na die hemel te kyk en te sien waarheen ek op pad is. Ek kry kans om my sondes te bely, my medemens te vergewe en bowenal vir my predikant en my gemeente te bid.

Hoeveel tyd moet ons nie maak vir hierdie belangrike saak nie. Die feit dat ons hier op aarde aan ʼn gemeente behoort, is ʼn stukkie hemel op aarde. Daarom moet ons dit lewendig en spesiaal hou deur ons gebede. Hoe jaloers is die duiwel nie op ons hemelse geskenk nie. Ons wapen teen hierdie felle aanslag is alleenlik gebed.

Kom ons bid meer as ons ooit vir ons klein gemeentes op die platteland, vir ons maksi-gemeentes in die stad, vir elke lidmaat, ampsdraer en predikant. Kom ons gee ons hemelse geskenk ʼn nuwe glans deur ons gebede vir mekaar.

Thea De Villiers

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys