vroueblad logo flt

Die krag van gebed

krag van gebed

Liewe Geloof-susters,

’n Nederlandse vriendin uit Zambië stuur onlangs vir my (en ’n hele groep geloofsfamilie) ’n e-pos waarin sy die volgende verduidelik:

Sy het al 2 Nederlandse kinderboekies geskryf en is nou gevra om ’n derde een te skryf. Dit moet handel oor ’n werklike gebeurtenis (wonderwerk!) wat sy verlede jaar in ’n nuusbrief beskryf het. Sy het toe die storie geskryf en na die uitgewer gestuur. Maar die uitgewer is nie gelukkig nie, want die storie eindig te stomp na sy sin. En my vriendin voel dat sy dit nie kan verander nie, want sy is besig om iets oor te vertel wat God werklik gedoen het. Die storie het in werklikheid nog nie geëindig nie en daarom kan sy ook nie die einde skryf nie.

Sy vra ons dus om vir haar te bid vir wysheid, want sy weet nie wat om te doen of hoe om hom te antwoord nie.

Na ’n dag of twee en baie gebede oor die onderwerp, kry sy ’n antwoord van die uitgewer: Hy het daaroor nagedink en besef dat ’n mens nie die werklikheid (’n wonderwerk van God!) mooier kan maak as wat dit reeds is nie.

En sy stuur weer ’n brief aan haar geloofs- en gebedsfamilie: Ons gebede is verhoor!

En daarmee het God nie net verseker dat sy wonderwerk getrou oorvertel word nie. Hy het ook verseker dat gelowiges wat verspreid oor die wêreld woon, saam bid en saam die krag van gebed ervaar.

Groete
Jacomien Zwemstra

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys