vroueblad logo flt

Gebed: In gesprek met God

gebed

Liewe suster in die geloof,

Besef ek en jy elke dag watter wonderlike voorreg ons as God se Nuwe Testamentiese kinders het om in direkte gesprek met Hom te mag wees? Ek hoef nie na ʼn mede-sondaar toe te gaan om vir my in te tree by die Vader nie. Ek het nou ʼn oop kanaal en dit alles deur God wat my so innig liefhet dat Hy sy Seun gestuur het. Maar…

Vra jy nie ook baie keer maar waarom bid ek nie? Alles om my is dan so verkeerd. Ek worstel met vrae hoe om ʼn situasies te hanteer. Ek bid en kry geen antwoord nie. Is dit nie dalk omdat ek so besig is om te smeek en te soebat dat ek nie lank genoeg stil word om te hoor wat die Vader vir my wil sê nie? Is dit nie miskien ook omdat ek dalk twyfel of God my sal antwoord nie?

Maar skielik kom daardie wonderlike sekerheid dat God belowe Hy sal my nooit verlaat, my nooit in die steek laat nie. Dan weet ek weer seker: Al kry ek nie al die antwoorde wat ek nou wil hê nie, weet ek ek is nie alleen nie en hoef ek my probleem ook nie alleen te dra nie.

Mag ons gebedslewe vir ons ʼn dieper en inniger verhouding met God wees. Want na wie anders toe kan ons gaan?

Met liefde
ʼn Medegebedsreisiger

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys