vroueblad logo flt

Die wet, die manna en die kierie

Deur Ds. Willem Kotze (GK Rooihuiskraal)

Uit die geskiedenis van die volk Israel (Ou Testament), leer ons dat die hoëpriester een maal elke jaar, op die Groot Versoendag, die Allerheiligste deel van die tempel moes ingaan om met ’n offer aan God vir vergifnis van sondes vir homself, sy medepriesters en die volk te pleit. Heb. 9:4 leer ons wat alles hier in die Allerheiligste gestaan het: ’n Goue wierookaltaar, en die verbondsark – en in die ark die twee plat klippe met die wet van die verbond daarop geskrywe – die goue kruik met manna, en die kierie van Aäron wat gebot het.

Waarom dan spesifiek hierdie drie voorwerpe?

Van die wet lees ons hoe God aan Moses verduidelik: “…in die ark moet jy die getuienis van die verbond sit” (Eks. 25:16). Dit is die getuienis van sy wet waarin Hy bevestig het: Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte gered het. Ek sal jou God wees, jy moet My volk wees. Van die kruik met manna lees ons in Eks. 16:32 waar Moses deur die Here beveel word om ’n volle twee liter manna vir die nageslag te bewaar sodat hulle die kos kan sien waarmee Hy sy volk in die woestyn versorg het. Ook dit was in die ark as herinnering. Van die kierie van Aäron lees ons in Num. 17 as die Here self Aäron aanwys om as leier saam met Moses op te tree, deur tussen 12 kieries, een vir elke stam met die naam van hulle leier daarop, die kierie uit die stam van Levi met Aäron se naam daarop, te laat bot met bloeisels en selfs vrugte daaraan. Ook dié is in die ark bewaar.

As Heb. 9:4 ons inlei in die Allerheiligste, en daar die ark met hierdie drie voorwerpe daarin uitwys, dan wil dit ons leer dat die hoëpriester baie bewus moes wees dat hy nou hier in die teenwoordigheid van die Drie-enige God, die ware God, God van Israel, verkeer. As God die Vader deur die getuienis van sy verbond met die mens, as God die Seun, Jesus Christus, die brood wat aan hongeriges redding bring, en as God die Heilige Gees, wat in dooie sondaarharte nuwe lewe gee en elke kind van God kom oortuig van God se heilige teenwoordigheid

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys