Gerda Naudé:

Ek is lidmaat van Randburg gemeente sedert 2001 toe my man ds. Chris Hattingh ʼn beroep hierheen aanvaar het. Hy is  in April 2009 oorlede. In Des 2014 is ek weer getroud met Willie Naude, nou ʼn dopper van formaat! Die onderwys wil my maar nie loslaat nie en ek bied reeds die afgelope 22 jaar Hulpklasse in Wiskunde vir leerders tuis aan. Ek is gebore in Krugersdorp en het my skoolloopbaan in 1968 voltooi by Hoërskool Monument waarna ek gaan studeer het aan die destydse Goudstadse Onderswyskollege.

My stokperdjies is om vir ure voor die klavier te sit en enige mooi musiek, soos wat dit in my hart leef, te speel en geniet. Ek stap en oefen graag. Verder is fotografie ʼn passie wat ek by ʼn fotografieklub probeer verbeter. Ek luister ook graag na musiek en hou van ligte klassiek, geselekteerde Afrikaanse musiek met inhoud, Latyns-Amerikaanse musiek, rolprenttreffers, Goue Oues uit die 60’s – 80’s – hoe dan anders? Boeke wat ek gelees het en ʼn indruk op my gemaak het, is: “What’s so Amazing about Grace?” van Philip Yancey en “What on Earth am I here for?’  van Rick Warren. Ek lees ook graag enige goeie fiksie.

Ek is tans betrokke by die Vroue Diensgroep as sameroeper van die sub-groep verantwoordelik vir bemarking. Ek was van 2012-14 voorsitster. Hier by Randburg is koffiedrink ʼn ‘moerkoffie-ritueel’en ek en my man dien as een van die koffiespanne wat voor die erediens heerlike koffie in groot potte brou en voorsit! Ek is ook betrokke by verversings en tee skink tydens begrafnisse.

Marietjie van Schaik:

Ek is sedert Mei 2011 ‘n lidmaat van Gereformeerde Kerk Randburg. Ek is gebore in Groblersdal en was in Potchefstroom op skool:  Eers in Mooirivier Laerskool en toe Potchefstroom Gimnasium.  Ek is getroud met Joop van Schaik, predikant van Randburg gemeente. Ons het drie kinders, een dogter Marteli en twee seuns, Hano en Philip-Johan. Ek is ’n Wiskunde onderwyseres by Hoërskool Linden in Johannesburg.

In die lyn van stokperdjies is daar min dinge vir my so lekker as om met ’n nuwe musiekstuk voor die klavier te gaan sit. Ek luister graag na ligte klassieke musiek. Ek geniet Francine Rivers se boeke baie, maar op hierdie stadium lees ek meer gereeld tydskrifte in plaas van boeke as gevolg van ʼn gebrek aan tyd.

Die diensaksies van ons gemeente waarby ek betrokke is, is die volgende: Vrouediensgroep,  Musiekbedieningsgroep en Senior-lidmate-etes.

Lizette van Wyk:

Ek is gebore en het skoolgegaan in Kroonstad. Ek het grootgeword in die NG-Kerk en het in 1988 ’n Gereformeerde lidmaat van Die Gereformeerde Kerk Roodepoort geword. Vanaf 2002 is ek in Die Gereformeerde Kerk Randburg en ek is dankbaar vir die pad wat die Here met my loop. Ek is op kontrak aangestel as ’n databasis administrateur by EOH (IT maatskappy) in Centurion.

My stokperdjies is tuinmaak en naaldwerk, spesifiek klere maak. My musieksmaak is wyd en ek luister na byna alle musiek, maar ek verkies klassieke musiek, koormusiek, opera en musiekblyspele (musicals).

Behalwe my betrokkenheid by die aanbieding van die “Living Waters”-kursus in ons gemeente, is ek ook deel van die gebedsgroepie by Randburg.

 

Marthie Howell: is die afgelope 36 jaar in Randburg gemeente. Ek is gebore en  het my eerste skooljaar in Cradock (Oos-Kaap) beleef en trek daarna Bloemfontein toe, waar ek my Laerskooljare voltooi by President Steyn Laerskool en dan na Sentraal gaan, waar ek matrikuleer om P.U. vir C.H.O. toe te gaan (om te gaan Man- soek! Dis mos wat “hulle” die B.A. H.O.D.( Latyn en Engels) noem, is dit nie?)

Na periodiek skoolhou en getroud-wees met Johan, seën die Here ons met 5 kinders binne 9 jaar, en woon ons vir 10 jaar in Durbanville, waar al die kinders later in  4 verskillende skole was en elke instansie sy “pond vleis” gevra het. Dit was wonderlike jare waarin ek ook tyd gemaak het vir politiek (sekretaresse van die kiesafdeling) asook kultuursake.Van 1975 af was ek lid van destydse Sensorraad tot 1994 toe alles verander het.

My belangstellings? Seker maar: Kinders, Studente en mense! Ek is baie lief vir  musiek: Vrolik, van ligte klassiek tot Beethoven. Ek lees soms ’n biografie, het jare aan ’n  leeskring hier en in die Kaap behoort, geniet goeie romans soos dié van Francine Rivers en lees  gereeld koerant en kerklike tydskrifte en geestelike boeke vir Bybelstudie.

Behoort nog al die tyd aan ons Vrouediensgroep en doen wat ’n mens kan vir  Diepsloot se Kleuterskool.

As jy graag wil hê Die Gereformeerde Vroueblad moet by julle gemeente kom kuier, skakel gerus met Ankie de Klerk, wat van hierdie maand af die Gemeentekuiers en Lidmaatpraat vir ons gaan hanteer:  pieterankie@eject.co.za  of skakel haar:  072 651 8286

 

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top