Deur Griet Swanepoel
Ons het onlangs gemeente-ete gehad en net weereens besef hoe waardevol ʼn resep is waar die hoeveelhede so mooi uiteengesit is vir ʼn groep. Ek het die resep al met groot sukses met ʼn slaai en broodjie daarby bedien.
Gebruik dit gerus vir ʼn groot gemeentefunksie, of sommer net vir ʼn lekker familie-ete.
Bestanddele | 12 porsies | 24 porsies | 48 porsies |
Maalvleis
Kookolie Middelslaguie, fyn gekap Knoffelhuisies, gekneus Tamaties, geskil en grof gekap Tamatiesous Sout Vars gemaalde swartpeper Appelkooskonfyt/blatjang Gedroogde gemengde kruie Vleisaftreksel Gekapte vars/droë pietersielie Gerasperde beleë Cheddar- en Parmesaankaas gemeng |
1kg
15ml 200g (2) 2 300g (3) 100ml 7ml 2ml 15ml 3ml of 10ml 300ml 50ml 30g |
2.3kg
30ml 400g (4) 3 600g (6) 200ml 15ml 4ml 30ml 5ml of 15ml 600ml 100ml 60g |
4.5kg
50ml 800g (8) 6 1.2kg (12) 360ml 30ml 8ml 60ml 15ml of 45ml 1.2liter 200ml 120g |
Béchamelsous: | |||
Melk
Wortels Selderystingels Swartpeperkorrels Botter Koekmeelblom Sout |
1.2liter
100g (1) 50g (2) 5 100g 100ml (50g) 2ml |
2.4liter
200g (2) 100g (4) 10 220g 225ml(110g) 5ml |
4.8liter
400g (4) 200g (8) 20 450g 450ml(220g) 10ml |
Lasagnenoedels: | |||
Rou lasagnenoedels | 300g | 600g | 1.2kg |
Voorbereiding:
- Skil en kap uie.
- Skil en kneus knoffelhuisies
- Skil en kap tamaties
- Kap kruie
- Berei geurige melk deur melk met wortels, selderystingels, swartpeperkorrels te verhit en deur te syg. Laat afkoel.
- Braai maalvleis in verhitte olie in ʼn swaarboomkastrol totdat dit verkleur.
- Voeg uie en knoffel by en soteer totdat uie deurskynend is.
- Voeg tamaties, tamatiepasta, geurmiddels, suiker, basiliekruid en verhitte aftreksel by.
- Verminder hitte, plaas deksel op en prut 1 uur. Voeg pietersielie by.
Berei béchamelsous:
- Smelt botter in ʼn kastrol en roer meel by.
- Voeg gegeurde melk bietjie vir bietjie by om ʼn gladde mengsel te vorm. Geur met sout.
- Verhit oor lae hitte terwyl voortdurend geroer word. Kook tot verdik.
- Skep afwisselende lae noedels, vleismengsel en béchamelsous in ʼn oondvaste skottel. Herhaal lae twee tot drie maal en eindig met béchamelsous.
- Sprinkel cheddar- en parmesaankaas oor
- Bak in ʼn voorverhitte oond by 180°C tot goudbruin.