In die Bybel lees ons dat Petrus vir Jesus verloën het en dat Judas Iskariot vir Jesus verraai het. Is daar ‘n verskil tussen twee?

Deur Ds. Christo Swanepoel, Geref. kerk Lyttelton.

Vraag

In die Bybel lees ons dat Petrus vir Jesus verloën het en dat Judas Iskariot vir Jesus verraai het.  Is daar ‘n verskil tussen twee?

Antwoord

Die Bybel gebruik twee verskillende woorde vir dit wat Petrus gedoen het en dit wat Judas Iskariot teenoor Jesus gedoen het. Hierdie twee verskillende woorde het duidelik twee verskillende betekenisse.

  • Petrus se verloëning

Hy het in die paleis by die hoëpriester drie keer gesê dat hy Jesus nie ken nie. Hy was bang om in die moeilikheid te kom. Die feit dat Petrus egter in die paleis was — sê iets vir ons. Hy was baie naby aan Jesus en was daar toe die haan gekraai het. Hy wou graag sien wat met Jesus gebeur.

Na sy verloëning. Kyk  Jesus na hom  en dan gaan hy buitentoe en hy huil oor sy woorde. Hy het gesê dat hy Jesus nie ken nie, maar in sy hart is hy naby aan Jesus. Hy was inderwaarheid  diep bekommerd oor wat met Hom gaan gebeur.

  • Judas Iskariot het Jesus verraai

Hy het dit finansiële gewin gedoen. En hy besef dat hy Jesus se lewe op die spel kan plaas.  Jesus het hom persoonlik voor die tyd hierteen gewaarsku maar hy gaan steeds voort. Judas se plan van verraad het skeiding gebring tussen hom en sy Leermeester. Alhoewel hy later jammer gevoel het oor sy veragterlike daad het dit hom nie met Jesus laat versoen nie. Hy verkies om eerder sy lewe te neem en sterf in sy eie eensaamheid.

Petrus was dus innerlik steeds diep aan Jesus gebonde al was sy verloëning verkeerd was dit nie iets waarin hy volhard het nie. Die feit dat Petrus in die binneplaas van die paleis teenwoordig was was ‘n teken dat hy aan Jesus verbonde was al het hy woorde gesê om homself te verdedig. Petrus het later bely dat hy vir Jesus baie lief is maar Judas het alle bande met Jesus verbreek.  Op die einde het Judas alle bande met almal verbreek op ‘n wyse waarop hy nie kon terugkeer nie. Vir  Judas was sy eie idees en wins belangriker as sy verhouding met Jesus. Petrus se hunkering na Jesus het te midde van sy eie swakheid altyd bly bestaan.

 

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top