Tegnologieverslawing is ons voorland as ons nie mooi beplan nie! deur Marlena Kruger

Resensent: Annamie Odendaal

Marlena Kruger herhaal die waarskuwing in haar onlangse artikels deur ‘n DVD en twee kinderboekies uit te gee.

Die stel is in Afrikaans of in Engels beskikbaar. In die DVD is Marlena self aan die woord. Sy verduidelik hoe moderne tegnologie ’n mens gevange neem: sosiale media is propvol klein interessanthede wat niks met mekaar te doen het nie, maar elk bloot die aandag vir ‘n oomblik hou en dan laat aanskuif na die volgende bydrae. Ek gaan kyk gou of alles reg is by elke kind se huis en reis dan deur gesonde resepte en fraai video’s oor babas en diere en ongelooflike vakansieplekke deur niemandsland tot na slaaptyd.

Dan spring ek vinnig om ‘n paar stukkies werk te doen, spyt dat ek my die luukse van ‘n paar minute se ontspan gegun het sonder om ‘n plan te maak om dit by ‘n paar minute te hou. Die aard van tegnologies gevorderde media maak dat enersdenkende en eenders geïnteresseerde mense hul inligting met mekaar deel, dus is daar ‘n nimmereindigende lys bydraes wat jou aandag trek en dobberend en meestal doelloos hou.  Televisie kan op sy skelm manier nog erger tydmors. Selfoon- en rekenaarspeletjies met ‘n frenetiese pas, en meesleurende musiek maak jou gou verslaaf aan die plesier daarvan om telkens die volgende vlak suksesvol te bereik.

Marlena wys navorsingsfoto’s van gesonder breine en verslaafde breine. Die herhalende plesierimpulse wat maak dat ’n mens tred verloor met tyd, maak op die lange duur die brein se dopamien en serotonien verskaffers gedaan, maar moenie dink die tegnologie-gefoptes kom dit agter nie. Die gevolge van die voortdurende gesurf op die internet het klaar gemaak dat mense hul tydmorsery nie meer objektief of enigsins beoordeel nie. Hulle zombie maar net voort!

Die twee boekies vir jong kinders is oulike leesstof sonder om prekerig te wees. ‘n Houtkappertjie vertel vir sy twee vriendinnetjies hoe seer ‘n dogtertjie se oë geword het van televisie kyk van vroeg tot laat. Toe sy ‘n klimraam kry, was die probleme gou uitgesorteer en sy het boonop ’n klomp maatjies gemaak.  Vir kinders van laerskoolouderdom vertel die storie van Jonathan die plaasseun en Ben, sy maatjie uit die stad, sommer ‘n klomp goed oor seer rûe en chroniese moegheid.  ’n Oulike idee bedoel vir die hele gesin!

Die boekies is geskryf en geïllustreer deur Izelle Hickey.

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Share on facebook
Share on twitter
Share on whatsapp
Share on pinterest
Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

vroueblad lmei junie

Wag

Soos een wat op die mure as wagter uitgestel, gedurig deur die ure met sy gedagte tel – só wag my siel, en sterker, gedurig

Die eggo van Christus se voltooide taak

Deur Dr. Johannes Bingle (emeritus) Kom ons hoor nogeens Jesus se oorwinningskreet: “Tetelestai!” Hierdie werkwoordvorm soos dit  in die Grieks van Johannes 19:30 staan, wat

Paasprogram

Griet Swanepoel Voorleser:    Op die vooraand van die herdenking van die dood en opstanding van onse Here Jesus Christus kan ons hierdie gebeure inlei

top