vroueblad logo flt

Redakteursbrief April 2015: Christus se oorgawe

Cobie Steyn

 

“Dat Hy wat God uit God is

lewe uit lewe,

lig uit lig,

van ewigheid gegenereer

–  dat Hy opnuut verwek moes word,

as Kind gebore uit ʼn vrou,

dit was die swaar begin

van sy ontlediging”

(Eerste strofe van gedig Kenosis, deur PW Buys, uit Wit Korbeel, Perskor: 1987)

 

Geliefde Susters,

 

’n Paar weke gelede het ek gewonder hoekom die Paasbolletjies nou al in die Supermark se bakkerymandjies lê, maar ek het myself herinner dat van ons belangrikste Christelike feesdae maar altyd gerieflik uitgebuit word deur die wêreld. Maar toe ek begin werk aan Aprilmaand 2015 se Paasuitgawe van die Vroueblad, het ek eers besef hoe vinnig die tyd verbyvlieg.

Paastyd bly vir my persoonlik een van die hoogtepunte op die Christelike kalender, want al weet ons maar al te goed deur watter helse pyn en smart Jesus Christus moes gaan met die wrede kruisiging, weet ons óók dat Hy Homself in gehoorsaamheid aan sy Vader oorgegee het om hierdie pad vir sondaars te stap. Jesus se lewe hier op aarde getuig van absolute oorgawe aan sy Vader se wil – ’n pad wat begin het toe Hy mens geword het en sommer maar gebore is in ʼn stal, en wat uitgeloop het op die kruisgebeure op Golgota waar ons Jesus se laaste woorde hoor: “Vader, in u hande gee ek my gees oor”.   Hierdie oorgawe aan sy Vader het ook prysgawe gevra: Uiteindelik het Hy sy lewe prysgegee vir sondaars.  Ons In Diepte-artikels werp verdere lig op Jesus Christus se oorgawe aan sy Vader.

Die jaarlikse saamtrekke het in Maartmaand plaasgevind, en die susters van dwarsoor die land het heerlik saamgesels op Facebook. In die brieweblad van hierdie maand, gee ons ʼn bietjie terugvoer van hulle kant af oor die saamtrekke. Soos gebruiklik, maak ons nou eers weer al die stof bymekaar om vir julle in Juliemaand  in Die Saamtrekbylaag meer te vertel van die onderskeie saamtrekke en ons publiseer ook soveel as moontlik van die sprekers se toerustingsgeleenthede (verwerk tot artikels) in die tydskrif van Juliemaand.  Die tema vir die Sustersaamtrek van 2016 sal dan ook in Juliemaand se Saamtrekbylaag aangekondig word.

Ek wens elke leser ʼn geseënde Paastyd toe.  Mag Christus en sy oorgawe en prysgawe ter wille van ons, die middelpunt van ons Paasvieringe wees.

 

Christusgroete

Cobie Steyn

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys