vroueblad logo flt

ʼn Wenner vir ʼn Potjiekoskompetisie

Griet Swanepoel

As jy op soek is na ʼn wenner-resep vir ʼn Potjiekos-ete – dié resep is net die regte een. Alida Jansen het vanjaar ons gemeente se jaarlikse Potjiekoskompetisie gewen. Sy deel haar geheime resep met ons lesers. Die vier beoordelaars was gaande oor haar warm rysslaai en die kerrie-wiele op die maalvleis.

Warm Rysslaaipot (genoeg vir ʼn nommer 3 potjie)

Kook saam vir 30 minute:

750 ml (3 k) rys

15 ml (3 t) sout

12,5 ml (1 e) olie

Voeg 1 kg gevriesde gemengde groente (ertjies, mielies, boontjies en worteltjies) by na 30 min. en kook rys verder tot gaar saam met die groente

Roer by gaar rys:

2 pakkies gebraaide sampioene

125 ml (¼ k) olie

50 ml (4 e) sojasous

12, 5 ml (1 e) suurlemoensap

125 ml (¼ k) blatjang

25 ml (2 e) medium kerrie

12,5 ml (1 e) suiker

2 pakkies gekapte grasuitjies

1 groot bossie vars gekapte pietersielie

1 pakkie rooibosbessies (beter bekend as “cranberries”)

5 ml (1 t) gemaalde swartpeper

1 pakkie gekapte amandels

Platboom Kerrie-wiele Pot (Genoeg vir ʼn groot pot)

Berei vooraf die deegwiele en hou dit eenkant.

Deeg

1 kg (4 k) koekmeel

15 ml (3 t) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

15 ml (3 t) kerriepoeier (medium)

100 ml margarien

250 ml (1 k) melk

Vulsel (Smeerbaar)

50 g margarien

150 ml Blatjang

100 g klapper

1. Sif meel bakpoeier, sout en kerrie saam. Vryf margarien met vingers in meelmengsel in.

2. Voeg net genoeg melk by om stywe deeg te maak.

3. Rol die deeg 7 mm dik uit. Sny in 1 cm skywe.

4. Meng bestanddele vir die vulsel goed saam (dit moet smeerbaar wees).

5. Smeer nou vulsel bo-op en rol in wieletjies. Indien te styf gooi blatjang by, indien te slap gooi nog klapper by.

6. Hou eenkant om bo-op maalvleismengsel te pak

Maalvleismengsel

Braai saam:

2 kg maalvleis

20 ml (4 t) olie

4 gesnyde uie

2 pakkies gesnyde sampioene

500 g gekapte spek

Voeg by maalvleismengsel:

15 ml (3 t) kerriepoeier (medium)

15 ml (3 t) masala

1 pakkie bruin uiesoppoeier (aangemaak met 100 ml water)

50 ml (4 e) Appelkooskonfyt

5 ml (1 t) knoffel

50 ml (4 e) sojasous

4 gerasperde geel appels

15 ml (3 t) gemaalde swartpeper

Plaas deegwiele bo-op die vleismengsel.

Sit deksel op. Pak deksel vol warm kole en bak ongeveer 40 min lank totdat die deegskywe gaar en ligbruin van bo is

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys