Deur Jo van Rooyen

In oorlede oupa se tyd sou die eienskappevan ʼn  deugsame vrou  heel eenvoudig geklink het, maar as ’n mens mooi kyk  het dit nogal merkwaardig ooreengestem met die wyse woorde van die ou moeder van  Lémuel, koning  van Massa, in Spreuke 31.

Oupa se deugsame vrou sou jy altyd deur ’n ring kon trek. Sy het haar kinders, al ses, goed groot gemaak. Een doop van haar beskuit sou ʼn goeie koppie koffie met een slurp half leeg gelaat het. Dominee se vrou kon staat maak op hierdie deugsame vrou en daar was altyd plek aan tafel vir ʼn ontydige kuiergas. Haar waarde was, volgens die ou vertaling, ver bo korale.

Maar tye het verander.

Tog… party goed bly dieselfde en ander goed verander nooit nie! Die deugsame vrou moet steeds sorg vir haar huis en haard, man en kinders. Durf ek sê dat haar taak wat huishouding betref, makliker gemaak is deur die wonder van tegnologie, maar moeiliker deur die verandering van lewensomstandighede. Buiten die take van destyds, het  die deugsame vrou van vandag heel waarskynlik nog voltyds  werk in die korporatiewe  wêreld  en is haar kind(ers), al het sy ene of ses, baie meer blootgestel aan die groot  wêreld met sy verleidings en versoekings.  Haar verantwoordelikheid  as vrou het  egter nie verander nie.

’n Mens sou die Griekse woord “arete” wat as deugsaamheid in ons Afrikaanse Bybel vertaal is, miskien nou meer van toepassing kon maak as oorlede oupa se vertolking daarvan. Dit eggo die betekenis van:  “Om manmoedig te lewe!” In die lewe het man en vrou  ewe veel manmoedigheid nodig om wel deugsaam te lewe én heel anderkant uit te kom. Die aanslae van die wêreld kan soms oorweldigend wees en die eenvoudige vereistes van deugsaamheid staan skraal teen die woedende winde van die aanslae teen die vrou en haar huis.

Die kruks, nee die kruk van die deugsame vrou, van  oupa en  Lémuel se tyd, sowel as ons moedige vrouens van vandag, lê steeds in die eeu-oue  boodskap van Petrus:  “En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid…”

Deugsaamheid… die deugsame vrou streef om goed te doen… sy streef moedig daarna om goed te doen, om goed te leef, goed op te tree, reg te praat – om in alles te leef met die wysheid wat sy van God ontvang. Ons moet mekaar die gebed van die Hebreërbrief toebid: “Mag God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen.  Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir hom aanneemlik is” (Heb. 13:21). Dit moet die gebed van elke vrou, nee van man en vrou, elke gelowige wees. Hierdie gebed vra dat ons toegerus sal word deur die Here self met “alles wat goed is” (deugde), sodat ons “sy wil kan doen” (deugsaam kan wees).  Om deugsaam te leef,  moet ʼn mens jou vaste vertrou in God bely, en jou geloof uitleef in ʼn wêreld vol vertwyfeling en aanslae van Satan en ons eie sondigheid.

Vrou, wees manmoedig in jou geloof! Wees dapper in die geloof. Staan vas teen die aanvalle van die bose. Dra jou geloof openlik en met vreugde uit.

 

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top