Snoek-aand met patats, roosterkoek en druiwekonfyt

Deur Griet Swanepoel

Hier in ons gemeente het ons jaarliks ʼn Snoek-aand wat die diakens aanbied. Dit is ʼn heerlike kuieraand en jy proe en ruik ʼn bietjie van die Kaap se feeskos.  Hier is resepte vir ʼn kuieraand by die huis en kan maklik vergroot word vir ʼn gemeente-ete.

VINNIGE MIKROGOLF- DRUIWEKONFYT

 Bestanddele:

1 kg druiwekorrels
75 ml water
50 ml suurlemoensap

750 g suiker

Metode:

  1. Voeg alles saam ʼn mikrogolfbestande bak.
  2. Bedek die bak en mikrogolf dit 10-12 min op 100% krag.
  3. Voeg nou die suiker by en roer tot die suiker opgelos is.
  4. Mikrogolf nou 20-25 minute “onbedek” op 100% krag tot die regte dikte.
  5. Gooi ʼn druppel vanillageursel by en roer deur.
  6. Laat die konfyt vir 5 minute afkoel, bottel en verseël.

Wenk: Onthou om jou mikrogolf goed droog te maak na die konfyt-kook, anders beskadig die stoom jou oond.

 SNOEKBRAAI  (4 PORSIES)

Jy benodig 800 g snoekfilet, vars of bevrore

Bestanddele vir sous:

  • 125 ml appelkooskonfyt
    • 1 ui fyngekap
  • 50 ml olyfolie
    • 125 ml botter
    • 2 knoffelhuisies, gekap
  • tikkie rissiepoeier (opsioneel)
  • sap van 2 suurlemoene
    • 10 ml visspeserye
    • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. Verhit die botter en olyfolie, gooi fyngekapte uie in en braai tot sag.
  2. Gooi knoffel en rissiepoeier by.
  3. Meng al die ander bestanddele by tot ʼn lekker smeersous vir die snoek. Gebruik ʼn stewige kwas daarvoor.
  4. Kyk dat die vuur matig is. Die manne wat snoekbraai ken vertel my ʼn matige vuur is ʼn vuur sonder vlamme.
  5. Plaas die velkant van die snoek onder op foelie op die rooster. Smeer mildelik van die sous oor die vis. Moenie die vis omdraai nie. As die vis se tekstuur sag voel as jy jou vinger daarop druk is dit nog nie reg nie. Wag tot die sous borreltjies maak bo-op die vis. Die vis se tekstuur moet so wees dat dit maklik vlok.

OONDGEBAKTE PATATS

 Bestanddele:

  • 1 medium patat per persoon
  • Bietjie botter
  • Stroop of heuning

Metode:

  1. Verhit die oond tot 200⁰C
  2. Plaas patats in ʼn oondvaste bak en meng die heuning of stroop met gesmelte botter en bedruip die patats daarmee. Sprinkel  met kaneel.
  3. Bak met tinfoelie en bak vir 25 – 30 minute of tot sag en gaar.

VINNIGE ROOSTERKOEKE ( LEWER 10 ROOSTERKOEKE)

 Bestanddele

1 kg koekmeel

2 pakkies 30 g droë gis (omdat roosterkoek maklik na ʼn “broodbom” kan proe, gebruik ek meer gis)

300 louwarm melk gemeng met 300 ml louwarm water

100 ml bakmargarien

60 ml suiker

15 ml sout

Metode:

  1. Meng die deeg tot ʼn sagte bal en bedek sodat dit kan rys.
  2. Knie dit twee keer af en maak dan 10 klein balletjies wat gerol is in meel. Laat dit goed rys in ʼn oondpan.
  3. Plaas bo-op ʼn rooster op matige vuur. Moenie ʼn braaitang gebruik nie, gebruik eerder houtlepels om die roosterkoeke om te rol sodat al die kante op die vuur gebak word.
  4. Baktyd op die vuur is sowat 10 minute.
  5. Bedien saam met botter en druiwekonfyt.

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Share your comments

Leave a Reply to Marne de Klerk Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top