vroueblad logo flt

Selfbeheersing en ons diens aan God.

Deur Ds. Awie Verhoef

In 2 Pet. 1:5-7 skryf Petrus dat selfbeheersing ’n noodsaaklike skakel is om ons geloof tot diensbaarheid te bring.

Wat is selfbeheersing? Ten diepste behels selfbeheersing om Christus Koning te laat wees van my héle lewe; in al die aksies en besluite wat ek neem.

Wat beteken dit om God te dien? Om te doen wat God sê op ’n manier wat Hóm absoluut waardevol laat lyk in Homself.  Dit beteken ook om jou aan Hom te onderwerp op ’n  manier wat Hóm opwindend en asemrowend laat lyk.

Daar is ’n manier om God te dien wat Hom, in plaas van waardevol, wreedaardig laat lyk. Daar is maniere om te doen wat Hy sê wat aandag vestig daarop dat Hy, in plaas van asemrowend, ’n berower van jou vryheid is.

Dit is voorwaar nie die manier om God te dien nie.

Nou hoe dan? God het ons nie geroep om Hom te dien asof Hý iets nodig het nie.  “Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee” (Han.d 17:25). En ook: “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense” (Mark. 10:45).

Die klem in ons dienswerk aan God, is om Hom te dien deur aanhoudend, bewustelik en oomblik tot oomblik van Hom te ontvang, en die rykdom wat jy ontvang het, te be-dien  soos en waar dit nodig mag wees!

Daarom staan daar in 1 Pet. 4:11: “As iemand die gawe ontvang het … om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid!”

 

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys