vroueblad logo flt

SAAMTREK 2017

 

  • Datum: Saterdag 4 Maart 2017

  • Tema: Die vreugde van ʼn lewende geloof

Hieronder verskyn die derde van ses Bybelstudies wat die tema  van 2017 belig – mag hierdie  Bybelstudies die susters landswyd laat saamgesels oor die onderwerp, sodat elke gelowige vrou in haar hart ook kan dink wat die vreugde van ʼn lewende geloof wérklik behels.

Sterkte aan al die organiseerders wat seker teen hierdie tyd al hard werk om al die planne vir volgende jaar se saamtrek in werking te stel.

 Die vreugde van ʼn lewende geloof

ʼn Lewende geloof getuig van ʼn lewende verhouding met die lewende Christus

Bybelstudie (3):  Die lewende verhouding tussen God en die gelowige roep om ʼn reaksie

Opgestel deur ds. Abel Steyn (GK Lydenburg)

Lees Hebreërs 10:19-25

  1. Wat behels die “vrye toegang” (vers 19)?
  2. Van watter heiligdom praat vers 19?
  3. Wat het die voorhangsel en die nuwe weg met mekaar te make?
  4. Van watter lewe word daar in vers 20 gepraat?
  5. Wat beteken die priesterskap van ons Here Jesus Christus vir ons vandag?
  6. In watter gesindheid moet ons nou tot God nader?
  7. Waarom is die hart en die liggaam gereinig volgens vers 22?
  8. Watter hoop bely die gelowige vandag en watter rol speel hoop in ons lewens?
  9. Waarom moet medegelowiges na mekaar omsien?
  10. Na watter liefde word daar in vers 24 verwys?
  11. Waarom moet gelowiges goeie dade doen?
  12. Waarom is die samekomste van ’n gemeente so belangrik?

Wenke:

  • Bid en werk! So dikwels beplan ons en spring ons ywerig aan die werk, maar vergeet ons om te vra vir die Here se seën op die dag en al die verrigtinge wat sal plaasvind. Onthou as die Here die huis nie bou nie, werk dié wat daaraan bou, tevergeefs.
  • BAIE BELANGRIK: as julle nog nie die SPREKER gereël het nie, doen dit so gou as moontlik en maak seker dat sy (of hy) oor die vermoë beskik om die TEMA VANUIT ʼn BYBELSE PERSPEKTIEF te belig.  Dit is tog in die eerste en die laaste plek die “as” waarom die saamtrekke draai: Die Here en sy Woord.
  • Bid ook vir die spreker dat die Here vir hom of haar waarlik deur sy Heilige Gees sal lei en die wysheid sal gee om die tema vanuit sy Woord te belig.

ONTHOU:

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” (Spr. 3: 5-6) – ook in julle beplanning van Saamtrek 2017.  Seën vir julle almal.

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys