vroueblad logo flt

Redakteursbrief Julie 2015: Julle is sout en lig

Cobie Steyn

“…die eeu-oue Lamp gee elke aand weer nuwe lig” (Uit: Beginreël van  van PW Buys se gedig Stylus Virum Arguit uit die bundel

Liewe susters in die Here,

Die baie interessante maniere waarop elke saamtrekstreek die simboliek van sout en lig gebruik het om sale te versier en die hele dag in te kleur, het my laat besef dat die tema vir die Sustersaamtrek van 2015 die kreatiewe gawes van ons susters laat loskom het.  Maar die tema het ook die harte van die saamtrekgangers aangegryp – dit kan ʼn mens sien aan die terugvoer wat ons gekry het op Facebook en in die wandelgange. Heelwat van die sprekers het hulle bereid verklaar om ook hulle toerustingsgeleenthede te verwerk tot artikels en ons publiseer dit graag hierdie maand vir julle. So kan die onderskeie streke ook hoor wat by die ander streke oor die tema gesê is. Mag die lees hiervan goeie herinneringe oproep en ons almal weer opnuut aanspoor en sout en lig te wees waar elkeen van ons elke dag lewe.

Ons gebruiklike Saamtrekbylaag is ook by hierdie uitgawe van ons blad ingesluit… vir lekker terugkyk en herkou en onthou.

Ons het goeie terugvoer gekry op die biljette wat ons tydens die saamtrekke laat invul het – susters kon daarop hulle persoonlike inligting gee vir ʼn gratis blad (meeste van julle se gratis blaaie is reeds versend – in gedrukte en elektroniese formaat), en daar was ook geleentheid om nuut in te teken. Julle blaaie moet nou saam met die ander gepos word.  Ongelukkig het ons by sommige streke nog oponthoude gehad. Jammer daaroor. Ons probeer daardie data ook verwerk en elkeen bereik wat ʼn biljet ingevul het of ʼn lys voltooi het.  Nogmaals dankie aan Manda Nel wat al die data vir ons ingevoer en verwerk het.

Ons het ook gehoor van die afsterwe van Ds. Mechiel Venter, die eggenoot van een van die vroeër gereelde skrywers van die blad, Leona Venter. Leona, ons innige meegevoel en ons bid dat die Here jou sal vertroos en sal dra in hierdie tyd van hartseer.

Totdat ons weer gesels in Augustus: Mag elke leser van ons blad smaak gee waar sy ook al kom en lig wees vir die Here in hierdie wêreld.

 

Gegroet tot volgende maand

Cobie Steyn

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys