vroueblad logo flt

Matteus, Markus en Lukas oor die twee misdadigers weerskante van Jesus

Deur Ds. Christo Swanepoel

Hoekom lyk dit asof Matteus (Matt. 27:44) en Markus (Mark.15:32) die gedrag van die twee misdadigers, wat langs Jesus gekruisig is, anders aanbied as Lukas (Luk. 23:40-43)?

Dit is duidelik dat beide van die twee misdadigers meegedoen het aan die bespotting. Dit wil voorkom asof hierdie toedrag van sake aanvanklik afgespeel het. Lukas het egter noukeurig ondersoek ingestel (Luk. 1:1-4) en daar was detail wat sy navorsing na vore gebring het waaroor hy ook rapporteer. Hy was bekend as die geliefde geneesheer en dit het hom opgeval dat Jesus met barmhartigheid en ontferming teenoor ten minste een van die kruiselinge uitgereik het. Hierdie feit het Lukas aangegryp en hy kon dit nie nalaat om die gesprek te rapporteer nie.

Een van die twee misdadigers het op ’n stadium tot ander insig gekom. So veel so dat hy selfs die ander misdadiger vermaan. Hy het besef dat Jesus onskuldig is en het selfs ingesien dat Jesus na sy Koninkryk toe gaan. Hierdie misdadiger het gehoor hoedat Jesus vir diegene wat Hom gekruisig het, bid. Jesus se kalm voorbeeld tydens hierdie ontsaglike lyde het verder ook ’n indruk op hom gemaak. Gevolglik kom daar ’n stadium waar hy nie meer saam spot nie. Hy gaan selfs nog verder as dit en smeek Jesus in die geloof om as ware Verlosser ook aan hom te dink.

Wanneer al drie die evangelies dus saam gelees word, skets die Bybel aan ons ’n breër prentjie wat ons ’n meer volledige blik oor die gebeure bied.

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys