vroueblad logo flt

Juwele in die Bybel

Deur Cobie Steyn

Daar is ʼn paar keer in hierdie uitgawe verwys na Spreuke 31 se deugsame vrou wie se waarde ver bo korale is. Die 1953-vertaling praat van “korale”, die 1983-vertaling van “edelstene” en kyk ʼn mens na ander vertalings (ook Engelse vertalings) sien ʼn mens die betekeniswaarde van kosbare juwele, ʼn skat.

Hierdie beeld laat ons besef ons vrouens se voorliefde vir mooi juwele is nie ʼn moderne neiging nie. Dwarsdeur die Bybel word daar na juwele en edelstene verwys. Die Israeliete het juwele gedra (vgl. Eks. 33); bruide het juwele gedra en vrouens halssnoere (vgl. Jes. 49:18); 12 edelstene het die stamme van Israel op die borssak van die hoëpriester verteenwoordig sodat die Here altyd aan hulle herinner sal word (vgl. Eks. 28); die koningin van Skeba bring vir koning Dawid goud en edelstene as geskenke (vgl. 1 Kon. 10).

So is juwele in die Bybelse tyd gebruik as geskenke, handelsitems, versierings en as simboliek. Daarom is dit ook nie snaaks dat ʼn mens alreeds in Job 28 lees van erts, myne en mynskagte nie. Die edelstene moes tog iewers vandaan gehaal word.

Edelstene en juwele was in die Bybelse tyd, soos vandag nog, ook ʼn teken van rykdom en aansien. Edelstene weerkaats immers die skoonheid van die skepping van God. Daarom word ryk beelde van edelstene gebruik om die heerlikheid en die almag van God te beklemtoon. Dis veral in Openbaring waar God se grootheid en glans en majesteit deur hierdie aardskatte beskryf word. In Openbaring 4 word God se voorkoms beskryf met opaal (kan rooi, groen of selfs wit wees) en karneool (helderrooi) en met ʼn reënboog met die glans van smarag (groen).   Alles bevestig God se hemelse heerlikheid en dit herinner ʼn mens ook dadelik aan die nuwe Jerusalem, waar die mure van opaal is en die stad self van goud en die stadsmuur met edelstene versier is (vgl. Op. 21) – die twaalf poorte is van pêrels.

 

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys