Christus se liggaam en die hemelvaart

Deur Ds. Christo Swanepoel (Geref. Kerk Lyttelton)

 Het Christus gees geword toe Hy in die hemel opgeneem is nadat die wolk Hom bedek het en wat het daarna van sy liggaam geword?

 Daar is verskillende tekste in die Skrif wat duidelik toon dat Christus liggaamlik opgestaan het. Na sy opstanding was Hy dus nie maar iets soos ’n “spook” nie, dit lees ons onder andere in Luk. 24:36-43 en Joh. 20:26-29. Dit blyk egter dat Hy nie na sy opstanding so gebonde was aan ruimte en tyd en natuurlike versperrings soos ’n gewone mens nie (Joh. 20:26).

Jesus het immers by die vertrek ingekom terwyl die deure gesluit was. Tog het Jesus by verskeie geleenthede aan sy dissipels gedemonstreer dat Hy liggaamlik opgestaan het en ons lees nêrens na die opstanding dat Hy die liggaam afgelê het nie. Daar is ook verskeie voorbeelde van die feit dat Hy saam met hulle geëet het (Joh. 21:12-13).

In Luk. 24 en in Hand. 1 word duidelik beskryf dat Hy liggaamlik van die aarde na die hemel opgevaar het. Dit bely ons ook in die Heidelbergse Kategismus, Sondag 18. Jesus het ook belowe (Joh. 14: 2-5) dat ons liggaam ook tot Hom geneem sal word. Dat Jesus wel in ’n ander gedaante was, wat sy liggaamlike betref, is ook duidelik uit die Skrif (Mark. 16:12).

Dit korrespondeer met Paulus se verduideliking oor ons opstandingsliggaam in 1 Kor. 15:35-54. Hoe presies hierdie liggaam sal wees, sal ons weet wanneer ons die Here van aangesig tot aangesig sien. Wat ons wel verseker weet is dat ons dan ook soos Christus sal wees (1 Joh. 3:2).

Maak 'n Verskil Deel Met Iemand

Picture of Grietjie Prinsloo
Grietjie Prinsloo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Lees meer

Verwante Artikels

Kyk die video – Teken in GK Vroueblad

DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD  Skrifgetrou;  Aktueel;  Prakties Vir die gelowige vrou van vandag! Kyk na hierdie video om te sien hoe om in te teken… … En teken in!

idee

Jou brein het sy eie idees

Die meeste van ons het al gevoel dat ‘n emosie ons uit die bloute beetpak en dat ons geen beheer daaroor het nie. ’n Mens

Selle

Selle… lewe…

Van alles wat God geskep het, is lewe die allerwonderlikste. Berge, riviere, oseane sing so skoon oor God dat dit ons asems wegslaan, maar as

druk

Ken jy my?

Ek het iemand onlangs die volgende hoor sê: “Ek wil graag by jou kom kuier, want ek ken jou nie. Ek wil jou graag beter

top