vroueblad logo flt

Christus se liggaam en die hemelvaart

Deur Ds. Christo Swanepoel (Geref. Kerk Lyttelton)

 Het Christus gees geword toe Hy in die hemel opgeneem is nadat die wolk Hom bedek het en wat het daarna van sy liggaam geword?

 Daar is verskillende tekste in die Skrif wat duidelik toon dat Christus liggaamlik opgestaan het. Na sy opstanding was Hy dus nie maar iets soos ’n “spook” nie, dit lees ons onder andere in Luk. 24:36-43 en Joh. 20:26-29. Dit blyk egter dat Hy nie na sy opstanding so gebonde was aan ruimte en tyd en natuurlike versperrings soos ’n gewone mens nie (Joh. 20:26).

Jesus het immers by die vertrek ingekom terwyl die deure gesluit was. Tog het Jesus by verskeie geleenthede aan sy dissipels gedemonstreer dat Hy liggaamlik opgestaan het en ons lees nêrens na die opstanding dat Hy die liggaam afgelê het nie. Daar is ook verskeie voorbeelde van die feit dat Hy saam met hulle geëet het (Joh. 21:12-13).

In Luk. 24 en in Hand. 1 word duidelik beskryf dat Hy liggaamlik van die aarde na die hemel opgevaar het. Dit bely ons ook in die Heidelbergse Kategismus, Sondag 18. Jesus het ook belowe (Joh. 14: 2-5) dat ons liggaam ook tot Hom geneem sal word. Dat Jesus wel in ’n ander gedaante was, wat sy liggaamlike betref, is ook duidelik uit die Skrif (Mark. 16:12).

Dit korrespondeer met Paulus se verduideliking oor ons opstandingsliggaam in 1 Kor. 15:35-54. Hoe presies hierdie liggaam sal wees, sal ons weet wanneer ons die Here van aangesig tot aangesig sien. Wat ons wel verseker weet is dat ons dan ook soos Christus sal wees (1 Joh. 3:2).

Sluit by ons aan

Bestel jou aanlyn Vroueblad Tydskrif

Wat bied Die Gereformeerde Vroueblad jou?

Lees ons blad in hoë kwaliteit bladuitleg aanlyn, of laai dit af in ‘n PDF-formaat (lae resolusie) indien jy dit op jou tyd wil deurlees en wil herlees.

Betaling geskied veilig aanlyn deur PayFast en jy kry onmiddellike toegang tot jou lidmaatskap sodra jy betaal het.

Enkel Tydskrif

R35
Eenmalig
  • As jy eenmalig wil lees, of dalk net eers wil “proe” ons blad “smaak”, teken in op ‘n enkel uitgawe.
Teken aan
Aanbeveling

6 Uitgawes

R160
Herhalend elke 12 maande
  • Hierdie opsie bied jou ledetoegang vir 12 maande – dit sluit 6 uitgawes van Die Gereformeerde Vroueblad in, want ons blad verskyn tweemaandeliks.
Teken aan
kieslys