Bietjie of baie Lasagne…

Deur Griet Swanepoel

Ons het onlangs gemeente-ete gehad en net weereens besef hoe waardevol ʼn resep is waar die hoeveelhede so mooi uiteengesit is vir ʼn groep.  Ek het die resep al met groot sukses met ʼn slaai en broodjie daarby bedien.

Gebruik dit gerus vir ʼn groot gemeentefunksie, of sommer net vir ʼn lekker familie-ete.

Bestanddele 12 porsies 24 porsies 48 porsies
Maalvleis

Kookolie

Middelslaguie, fyn gekap

Knoffelhuisies, gekneus

Tamaties, geskil en grof gekap

Tamatiesous

Sout

Vars gemaalde swartpeper

Appelkooskonfyt/blatjang

Gedroogde gemengde kruie

Vleisaftreksel

Gekapte vars/droë pietersielie

Gerasperde beleë Cheddar- en Parmesaankaas gemeng

1kg

15ml

200g (2)

2

300g (3)

100ml

7ml

2ml

15ml

3ml of 10ml

300ml

50ml

30g

2.3kg

30ml

400g (4)

3

600g (6)

200ml

15ml

4ml

30ml

5ml of 15ml

600ml

100ml

60g

4.5kg

50ml

800g (8)

6

1.2kg (12)

360ml

30ml

8ml

60ml

15ml of 45ml

1.2liter

200ml

120g

Béchamelsous:
Melk

Wortels

Selderystingels

Swartpeperkorrels

Botter

Koekmeelblom

Sout

1.2liter

100g (1)

50g (2)

5

100g

100ml (50g)

2ml

2.4liter

200g (2)

100g (4)

10

220g

225ml(110g)

5ml

4.8liter

400g (4)

200g (8)

20

450g

450ml(220g)

10ml

Lasagnenoedels:
Rou lasagnenoedels 300g 600g 1.2kg

 Voorbereiding:

  1. Skil en kap uie.
  2. Skil en kneus knoffelhuisies
  3. Skil en kap tamaties
  4. Kap kruie
  5. Berei geurige melk deur melk met wortels, selderystingels, swartpeperkorrels te verhit en deur te syg. Laat afkoel.
  6. Braai maalvleis in verhitte olie in ʼn swaarboomkastrol totdat dit verkleur.
  7. Voeg uie en knoffel by en soteer totdat uie deurskynend is.
  8. Voeg tamaties, tamatiepasta, geurmiddels, suiker, basiliekruid en verhitte aftreksel by.
  9. Verminder hitte, plaas deksel op en prut 1 uur. Voeg pietersielie by.

Berei béchamelsous:

  1. Smelt botter in ʼn kastrol en roer meel by.
  2. Voeg gegeurde melk bietjie vir bietjie by om ʼn gladde mengsel te vorm. Geur met sout.
  3. Verhit oor lae hitte terwyl voortdurend geroer word. Kook tot verdik.
  4. Skep afwisselende lae noedels, vleismengsel en béchamelsous in ʼn oondvaste skottel. Herhaal lae twee tot drie maal en eindig met béchamelsous.
  5. Sprinkel cheddar- en parmesaankaas oor
  6. Bak in ʼn voorverhitte oond by 180°C tot goudbruin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *