Gaan dan heen…

Saamgestel deur Ds. Christo Swanepoel

Een van die sake wat die deur die Reformasie beklemtoon is, was juis die uitdra van die kosbare Woord van God. Dit was een van Jesus se laaste opdragte om heen te gaan en om leerlinge vir Jesus te maak. Om hierdie rede het Martin Luther die Bybel in Duits vertaal. Deur die eeue het gelowiges gemotiveerd gevoel om hierdie laaste opdrag van Jesus in Matteus 28 uit te voer. Dit is duidelik wanneer mens op spreekwoorde let wat aantoon hoe sterk hierdie roeping gevoel word. Hier volg ʼn paar voorbeelde.

  • Jy is vandag ʼn Christen omdat iemand jou vertel het. Nou is dit jou beurt – Warren Wiersbe.

  • Christenskap is nie ʼn weg van ontvlugting uit die wêreld nie, maar ʼn weg van betrokkenheid by die wêreld –  Billy Graham.

  •  Een liefdevolle hart steek ʼn volgende een aan – Augustinus van Hippo.

  •  Christene se lewe is die wêreld se Bybel en sommige van dié “uitgawes” het hersiening nodig – Dwight L. Moody.

  •  Christus is nie ons helper nie; Hy is ons hele lewe. Christus werk nie saam met ons nie; Hy werk deur ons  –William Temple.

  •  Simpatie is goed, maar dit is nie ʼn plaasvervanger vir dade nie –David Livingstone.

  • Ons dien die Seun van die mens deur die mense van die Seun te dien  – Annes Nel.

  •  Jesus roep jou, maar Hy dwing jou nie. Jesus werk net met vrywilligers  – John Donne.

  •  Jy kan dalk moeg raak in die Here se werk, maar nooit daarvan nie  – George Whitefield.

  •  Om die Goeie Nuus te hoor is die begin. Die res van jou lewe is jou reaksie daarop  – William Countryman.

  •  Die kortste definisie vir Evangelisasie is: Een bedelaar wat vir ʼn ander een vertel waar daar brood te vind is – DT Niles.

  •  Is jy ʼn Christen? Dan is jy ʼn posbode van God. Jou werk is om die goeie nuus aan te stuur en af te lewer – Vance Havner.

  •  Jy kan nie liefhê sonder om te gee nie – Amy Carmichael.

  •  Ons kan nie altyd geluk hê nie, maar ons kan altyd geluk gee  – Albert Wells.

  •  My gewete is gebonde aan die Woord van God. Ek sal niks van wat ek geskryf het terugtrek nie, want om teen jou eie gewete in te gaan, is nóg reg nóg verdedigbaar. Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. So help my God! –  Martin Luther (voor die Ryksdag van Worms  – April 1521).

  •  As jou godsdiens jou nie verander het nie, moet jy daaraan dink om jou godsdiens te verander – William Booth.

  •  ʼn Mens kom baie verder deur mense se gevoelens aan te spreek as wanneer jy hulle intellektueel probeer oortuig  – Paul Parker.

  •  Waar ook al die Woord van God suiwer verkondig word, dáár bestaan die kerk van Christus, al is dit ʼn gemeenskap vol foute –  Johannes Calvyn.

  •  Die kerk beteken die heel meeste vir die wêreld as dit die minste soos die wêreld is –Warren Wiersbe.

  •  Geen mens is so verlore dat Jesus hom nie kan vind en kan red nie – Andrew Murray.  

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *