Die kruis geleer dat jy jouself ook kan oorgee aan God.

Saamgestel deur Ds. Christo Swanepoel (GK Lyttelton)

Oorgawe is ʼn woord wat positief of negatief verstaan kan word. ʼn Mens kan jou oorgee aan sonde. Dis negatief. Christus het ons egter aan die kruis geleer dat jy jouself ook kan oorgee aan God.

Deur die eeue is daar vele skrywers wat vir ons geleer het wat ware positiewe oorgawe beteken. Dit is gegrond in selfverloëning. Selfverloëning se resultaat is oorgawe en diens. Hier volg uitsprake van mense wat oorgawe verwoord het en beskryf wat die woord “oorgawe” in die praktyk beteken.

 

My hart gee ek aan U, Here, met graagte, met oorgawe en vir altyd – Johannes Calvyn.

Wie die heiligheid van die Here met bedrog in die hart binnetree, kan geen antwoord van die Here verwag nie — C.J. Malan

Al het ons die Here hoe wonderlik oor baie jare gedien, moet ons tot die einde gehoorsaam en eerbiedig bly. Dis wat God van ons eis —   N.P. Heystek.

Ons moet God te gelykertyd daarvoor bid en daarvoor dank dat Hy ons sal bewaar om enduit getrou te bly en te volhard in die geloof totdat Jesus weer kom — H.P.M. van Rhyn

Kyk na jou hande.  Hoekom is hulle vry en nie geboei nie? Is dit nie om vandag SY werke te kan doen nie — W.C. Vergeer.

Christus het ons vrygemaak; maar dit beteken nie ons is onafhanklik van Hom nie – William Ralph Inge.

Dit mag wees dat Jesus môre kom. Dan sal ons met die grootste vreugde ophou werk vir ʼn beter toekoms. Nie een dag vroeër nie – Dietrich Bonhoeffer.

Hy wat alles in sy eie klein wêreldjie gee, gee die meeste in God se groot wêreld – Thomas Jefferson.

Die wêreld sal vrede hê as die politici hulle net aan die Evangelie sal oorgee – Bridget van Swede.

Ons maak ʼn bestaan uit wat ons ontvang, maar ons skep ʼn lewe deur dit wat ons gee –

Winston Churchill.

 God stuur nooit iemand leeg weg nie, behalwe diegene wat vol van hulleself wil bly –

Dwight L. Moody.

Wanneer dit lyk of God ons heeltemal verlaat het, is dit juis die oomblik om ons volledig aan Hom oor te gee – Francois Fenelon.

Gee my wat U van my vra, en vra dan van my net wat U wil – Augustinus.

Om jouself te beveg is die moeilikste stryd; om oor jouself te seëvier die soetste oorwinning –

Johann Wolfgang von Goethe.

ʼn Dienskneg van God het net een Meester – George Müller.

Gehoorsaamheid is die begrafnis van die wil en die opstanding van nederigheid – John Climacus.

Jy kan ʼn beter preek lewer met jou lewe as met jou lippe – Oliver Goldsmith.

Jy kan gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie liefhê, sonder om te gee nie – Amy Carmichael.

Die meeste mense het genoeg wilskrag. Dit is doenkrag wat hulle kortkom – Albert Einstein.

Vir hulle wat wanhopig is, help dit om te onthou dat ons ʼn Helper het wat almagtig is –

Jeremy Taylor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *