Offer jouself uit dankbaarheid

Deur Ds. Abel Steyn (GK Lydenburg)

Om te offer beteken dat ek iets moet gee. Ja, ek moet iets afstaan – selfs prysgee. Dan kom die vraag by jou op wat is ek bereid om af te staan of prys te gee in hierdie lewe? ’n Mens is so gewoond daaraan om te te baklei vir dit wat joune isen om dinge vir jouself te verkry en te behou dat offer en opoffer nie ’n groot deel van jou lewe uitmaak nie. Dan kom daar nog its by ek moet myself gee en dan nog daarby in ’n gesindheid van dankbaarheid.
Voordat ek kan offer moet ek as gelowige gaan kyk na God se omgee vir my.

Dit sien ons in die grootste en volmaakte offer vir my- Jesus Christus. Wat motiveer god om sy Seun vir my aan ’n kruis te laat offer? Liefde en genade vir ’n sondaar. In Romeine 12 lees ons dat God hom oor sy kinders ontferm. Dit beteken Hy ge om. Omdat hy omgee staan Hy sy enigste seun af om vir ons sondes te betaal. God se omgee word sigbaar aan ’n kruis waar Jesus vir ons sondeskuld geslag is. Hy word immers die Lam van God genoem. God ge sy seun as volmaakte offer vir my. Hy het nie sonde gehad nie en was in geen opsig gebrekkig of gebreklik nie. Kso anders as die offers wat die kinders van God kom voorhou het as hulle beste. ?die offers van die mense in die ou Testament was dikwels gebreklik – die lam en die siek diere en dan moes die Here dit aanvaar.

In God se offer sien ons wat gesindheid werklik beteken. Hy het net een motivering en dit is om uit liefde en genade vir ’n sondaar soos ek versoening te bewerk. Die gevolg van hierdie groot opoffering van die Vader en die offer van die die Seun is dat ek nou in Christus vry is om myself uit dankbaarheid aan Hom oor te gee.

God se omgee (ontferming) drin my om dan nie net iets van myself af te staan nie, maar om my alles vir hom te gee.

As jy jouself gee as ’n offer dan beteken dit dat jou hart daarin is. Wanneer ’n mens se hart in ’n saak is dan doen jy dit uit liefde en met volle oorgawe. In die 53-vertaling word gesê dat ons ons liggame moet stel as ’n offer. Maar dit gaan nie net oor jou ligaam nie, maar oor jou hele menswees , jou hele wese.

Wanneer ek vir die Here leef, dan gee ek myself sonder voorbehoud. As jy dink aan jou verhouding met die mense vir wie jy baie lief is dan dink jy nie tweekeer as jy iets vir hulle moet doen nie. Dit gebeur outomaties. Jy doen dit, want jy is vir hulle lief.

Net so as jy iets vir die Here moet doen dan soek jy nie die heeltyd verskonings waarom jy nie iets kan doen nie. Ek het nie nou tyd nie, ek is te besig ek het nie geld nie iemandanders kan dit maar doen.

Dit is waar om te offer maak seer dit is opoffering as jy tyd moet maak om betrokke te raak by ’n uitreikaksie van julle gemeente. Maar as jy gaan en dit met jou hele hart doen dan is jy bly en dankbaar omdat jy ondanks jou besige program daarby betrokke geraak het.

Tyd om stil te word voor die Here, om iemand wat siek is in die hospitaal of by die huis te gaan besoek. Dit is alles deel van offer. As jou hart in die diens van die Here is dan gebeur dit amper vanself. As jou hart nie daarin is nie Dan soek jy verskoning en voer jy redes aan waarom jy nie nou vir die Here kan doen nie.

As jy weer mooi gaan dink oor God se omgee vir jou en jy hoor hom as hy met jou praat deur sy Woord dan kan jy nie anders nie jy moet jouself vir hom gee in alle fasette van die lewe waar hy jou roep om jouself aan hom oor te gee en om jouself aan hom te gee. Dan doen jy nie meer dinge om deur mense gesien of geprys te word nie jyu doen dit uit liefd en dankbaarheid vir die Here.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *