Groei

Saamgestel deur Ds. Christo Swanepoel (GK Lyttelton)

Ons praat hierdie maand oor groei. Groei het iets van ontluiking en ontwikkeling in sy betekenis ingebou. Die kuns van die lewe is nie om fisiek te groei nie, maar om geestelik te groei. Dit gebeur nie vanself nie. Persoonlike geestelike groei word bepaal deur ‘n mens se verhouding met die Here. Dit vereis insig in sy Woord en geloofsreaksie daarop. Hier volg beroemde uitsprake waar mense van hierdie groeiproses vertel.

Om as mens te groei, moenie volg waarheen die pad jou lei nie; gaan daar waar daar nog nie ‘n pad bestaan nie en laat ʼn spoor agter – Anoniem.

In die leerskool van die lewe is daar net twee hoofvakke: voorbeeld en ervaring. Mense leer nie regtig op ander maniere nie – Edwin Burke.

Die finale toets van ‘n leier is dat hy in ander mense die oortuiging en die wil om aan te gaan sal agter laat – Walter Lippmann.

Die belangrikste ding wat ‘n nuuskierige kind ontdek, is hoe min grootmense weet – Anoniem.

Elkeen van ons kies om te groei, of om terug te trek. Dit is ‘n keuse wat ons daagliks maak – Robert Docter.

Die lewensbestemming wat ons kies, is belangrik, maar die keuses wat ons maak op pad daarheen is nog belangriker, want hulle sal bepaal of ons daar sal uitkom – Frederic Speakman.

Kinders is die lewende boodskappe wat ons uitstuur na ‘n tyd wat ons self nie sal beleef nie – John Whitehead.

Solank jy altyd ontevrede is met wat jy is, sal jy dit kan bereik wat jy behoort te wees – Augustinus.

Hy wat ophou om beter te wees, hou ook op om goed te wees – Oliver Cromwell.

Alle groei wat nie na God toe is nie, is ʼn groei na verrotting – George MacDonald.

Jy is nie wat jy dink jy is nie, jy is wat jy dink – Anoniem.
Almal wil graag groot wees, min sien kans om te groei – Johann Wolfgang von Goethe.

Dit wat met verdrag groei, hou die langste – John Henry Newman.
Ons moet of leer saamleef soos broers, of ons sal saam sterf soos dwase –Martin Luther King.

‘n Mens se verstand werk soos ‘n valskerm. Dit is net iets werd as dit oopgegaan het – René des Cartes.

Ons leef almal onder dieselfde hemel, maar ons het nie almal dieselfde horison nie – Conrad Adenhauer.

Die kinders van vandag leer baie oor hoe om by die maan uit te kom, maar min hoe om by die hemel uit te kom – David Jeremiah.

Jou kind kan sy geleerdheid nog by die skool agterlaat; sy opvoeding sal hom vergesel tot in die graf – C.J. Langenhoven.

Jy kan niks uit die bank van die lewe trek wat jy nie daarin gedeponeer het nie – Anoniem.

Vir sy eie voordeel beklee ʼn man ʼn beroep; vir die voordeel van sy medemens volg hy ʼn roeping – C.J. Langenhoven.

‘n Mens kan slim word van ander se kennis, maar nie wys word uit ander se ervaring nie – Michael de Montaigne.

Volharding is nie ‘n uithouwedren nie; dit is honderde kort wedrenne. Die een na die ander – Walter Elliot.

Vroue met karakter is die gewete van die kerk en van die hele samelewing – Waldo Emerson.

Kyk! God het vir ons twee hande gegee: een om van Hom te ontvang en een om aan ander uit te deel – A. Graham.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *